Oues word bederf

Fonnie Dreyer en nog twee van sy klublede, Chris Redelinghuys en Max Lewis het die bejaardes van Immergroen Ouetehuis Dinsdag 12 Augustus gaan bederf terwyl hulle al te lekker koek geëet en tee en koffie gedrink het by RigRag Koffiewinkel.

“Dis vir ons ’n voorreg om vandag saam met julle te sit en kuier,” is die woorde waarmee Fonnie Dreyer, president van die Victory Life Riders Motorfietsklub die bejaardes van Immergroen Ouetehuis gegroet het.

Fonnie en nog twee van sy klublede, Chris Redelinghuys en Max Lewis het die bejaardes Dinsdag 12 Augustus gaan bederf terwyl hulle al te lekker koek geëet en tee en koffie gedrink het by RigRag Koffiewinkel.

Die klub het ingespring en fondse ingesamel vir die Immergroen Ouetehuis se sakgeld-projek wat deur me. Wilma Botha geïnisieer is.
Die gelde wat geïn is, het aan elke bejaarde ’n ekstra R250 gegee waarmee hulle vir hulself elkeen ietsie ekstra kon koop.

“Veteraanmotors neem elke dag toe in waarde, die kos duisende rande. Maar daar word geen waarde aan ons oues geheg nie,”  het Fonnie gesê.

Die middag sonnetjie het vaak geword en dit was tyd om huiswaarts te keer, maar nie voor Oom Neels Jacobs ’n laaste woord ingekry het nie, “Julle is ’n goeie klomp manne. Ons waardeer die gebaar opreg.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version