Pa van twee sterf op N4

Die toneel waar ’n pa van twee vroeër die week in ’n motorongeluk omgekom het, was bestrooi met Bybelversies.

Mnr. Hendrik Potgieter (31) het homself verlede Sondag 27 Julie laat doop, ’n week voordat hy Maandag 4 Augustus in ’n motorongeluk dood is. Die ongeluk het omstreeks 14:00 op die N4-snelweg, net voor die Mandela-brug, rigting Middelburg, gebeur.

Potgieter se vier-jarige seuntjie, Ronaldo, was saam met hom in die Toyota bakkie toe die ongeluk gebeur het.

Potgieter en Ronaldo was op pad terug na hulle huis in Middelburg, na hulle ’n paar goedere opgetel het op hul plaas in Kinross.

Die begrafnis vind Maandag 11 Augustus om 10:25 uit die Lighuis Gemeente in Middelburg (hoek van Pongola- en Sondagsrivierstraat) plaas.
“Die begrafnistyd is so gereël omdat Hendrik so tipe mens was. Hy was spontaan en as hy ’n afspraak gehad het sou dit nie op die uur gewees het nie,” het Brits gesê.

Sersant Marius Etsebeth van Witbank Polisie is op soek na enige ooggetuies wat die ongeluk gesien gebeur het. Skakel hom op: 084 499 8041.

Lees die volle berig in WITBANK NUUS Vrydag, 8 Augustus.

 Fatal N4 claims yet another life

Exit mobile version