CrimeNews

Nog hondekinders vergiftig

Booswigte wat honde vergiftig doen steeds hul rondtes in die stad en nog inwoners moes afskeid neem van hul geliefde diere.

Sondag 2 Augustus het die Koegelenberg-gesin op hul dooie hond afgekom na sy, vermoedelik die vorige aand, vergiftig is.

Me. Bianca Koegelenberg het harseer vertel hoe haar kinders hul vier-voet vriend in hul erf, in Uitbreiding 41, ontdek het. “Ons bure se hond is ook vergiftig en daar is by hulle huis ingebreek,” het Koegelenberg vertel. “Ek weet nie hoe ek gaan kan slaap in die aande nie.”

Koegelenberg het gesê sy vrees vir die veiligheid van haar drie kinders, en met ’n vierde oppad het sy nie nog stres nodig nie.
’n Paar dae voor die vergiftigings in Uitbreiding 41 is nog ’n saak aangemeld op Donderdag 31 Julie in Uitbreiding 16.

Me. Cornelia Bezuidenhoudt (80) het vertel hoe sy amper haar hond, Gift, verloor het nadat dié ook die dodelike ‘Two Step’ gif ingekry het.
“Ek het haar hier in die bedding gekry lê en sy was papnat – sy het heeltemal beheer oor haar blaas verloor en het heeltyd opgebring.”
Bezuidenhoudt het vertel hoe sy vir Gift op ’n kombers moes kry om die swaar gewig te kon sleep na haar voordeur. Sy kon gelukkig betyds hulp ontvang en Gift is vinnig na ’n dierekliniek geneem waar sy gered is.

Bezuidenhoudt het die oggend van die voorval herroep en vertel dat daar tussen 05:00 en 06:00 dié oggend ’n bakkie op en af, stadig verby haar huis gery het. “Dit het soos ’n myn-bakkie gelyk en die klap agter was af,” onthou sy duidelik.

Bezuidenhoudt beweer dat die verdagte hondevergiftiger heel moontlik sy oog gehad het op haar kleinseun se motorfiets wat agter in haar erf gestaan het.

Die polisie het ook gevra dat inwoners op die uitkyk moet bly vir verdagte voertuie in die residensiële areas en ook weereens gemaan dat alle vergiftigings ook gerapporteer moet word.

Ander berigte oor honde vergiftigings:
>>Dog poisonings in Extension 16
>>Meer honde vergiftig
>>Geen liefde vir diere
>>Gemeenskap neem reg in eie hande

2 Comments

  1. To all people who’s dogs are poisoned: Why do you let them sleep inside? There’s no sympathy for you. Your pet belongs inside with you, his family. Also, it will be the best alarm you’ve ever had, because they can hear burglars BEFORE they enter your premises!

  2. Ek baie liefie kinders het toe ons in huis ingetrek he vier kinders verloor deur 2 step. Ekt vra nou elke aand vir die Here om my dierekinders ook te beskerm. My 2 groottes slaap in motoruis en ander vier in ons kamer. Hulle het geen gevoelens die mense wat dit aan ons kinders doen nie

Back to top button