CrimeNewsUpdate

Lasbrief uit vir onnie

Die onderwyser wat verlede jaar gearresteer nadat dwelms in sy besit gekry is, is soek.

Mnr. Agente David Chebase moes op 19 Maart in Witbank Landdroshof verskyn op klagtes van besit van dwelms, hy het egter nie opgedaag nie. ’n Lasbrief vir sy arrestasie is uitgereik.

Daar is ook ’n ander bedrogklagte wat teen Chesabe ondersoek word. Hy het ook nie vir dié hofsaak in Pretoria opgedaag nie.

Die onderwyser wat tegnologie by Hoërskool Reynopark aangebied het, is op 19 September deur lede van die Misdaadintelligensie-komponent gearresteer toe 138gram dagga in sy kamer gevind is. Daar is ook pornografiese DVD’s gevind.

Die ondersoek is afgehandel en die forensiese verslag het bevestig dat dit Swazi-dagga was. Hy het die dagga glo ook aan leerders verkoop.

Chebase wat deur die skool se beheerliggaam aangestel was, se dienste is dadelik na die voorval opgeskort.

Back to top button