’n Jeep vir Cameron

Die amper nege-jarige kon nie die breë glimlag keer wat sy gesig opgehelder het, na hy sy eie rybare Jeep vir die eerste keer gesien het nie.

Dis darem lekker om ’n oupa te hê – veral een wat karre kan bou.

Klein Cameron Outram is nou die eienaar van ’n eg nagemaakte Jeep wat hy saam met sy jonger boetie, Benjamin, baie geniet om in rond te ry in hul erf.

Toe Cameron drie was het sy oupa, Leon Nel, vir hom ’n battery-aangedrewe Jeep gekry. Hy het ongelukkig sy gunsteling karretjie ontgroei en vir Oupa Leon gevra om vir hom ’n groter Jeep te bou.

“Die kind het vir almal gaan vertel dat sy oupa vir hom ’n Jeep gaan bou,” vertel Oupa Leon laggend. “Toe ek sien hoe oortuig hy was dat ek vir hom die Jeep sal bou, kon ek hom nie teleurstel nie.”

Van skrootmetaal en ’n 50CC Kazuma vierwiel motorfietsenjin het Oupa Leon ’n replika van sy eie 1969 Wyllis Jeep vir Cameron opgebou.
Die Jeep het alles – van ’n aansitter tot ’n toeter.

Cameron en Benjamin Outram in die onvoltooide Jeep.
Exit mobile version