Lewe van die doring- en denneboom

Sy takke reik hoog op na die hemel soos hy groei. So ’n manjifieke, magiese beeld van krag – wat vrye suurstof verskaf aan die mensdom... en dan net só, met ’n kap van die byl, is die lewe weg.

Mnr. Johan Combrink, van Witbank Natuurreservaat, lyk droewig. Hy is die moeilike taak opgelê om twee ou bome in eMalahleni af te kap omdat dit ‘ongeleë’ geword het vir die inwoners wat om die ou grotes woon.

“Ons het klagtes gekry dat die takke skadu’s gooi oor ’n huis. Voëltjies wat gemors los op ’n wasgoeddraad en die bome wat blare en dorings los in die mense se erwe.”

Die groot Papierbos doringboom staan in Markotterstraat en die lang, slank en baie ou Denneboom staan op die hoek van Kiepersol- en Okapiestraat in Tasbetpark.

Beide bome, meen Combrink, groei al vir jare in eMalahleni en dit sal vir hom ’n groot harstseer wees om dié bome af te kap.
Die mooie denneboom – bewonder vir hul lang grootte en skoonheid… die denneboom speel ’n belangrikke rol in die ekosisteem en word gebruik as die tuiste van verskeie voëlspesies.

Die inheemse Papierbos doringboom, kan lank voortbestaan sonder ’n druppel water.

Mnr. Wally Doubell, voorsitter van die Dendrologiese Vereniging, het saam met Combrink gestem oor die saak. “Al wanneer mens moet oorweeg om so ’n ou boom af te kap is as dit ’n gevaar inhou – en tot dan kan mens nog plan maak soos om van die takke af te sny,” het Doubell gesê.

“Daar is 117 inheemse bome in eMalahleni en ons het regtig sulke mooi bome in ons parke wat ons graag sal wil behou.”
Combrink het ’n voorstel gemaak dat in plaas daarvan om die ou bome te vernietig en af te kap, mense eerder net ’n versoek moet instel om van die takke te verwyder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version