Local newsNews

Skade na trok deur mure ploeg

’n Trokbestuurder wat vermoedelik beheer daaroor verloor het, het deur drie mure van drie erwe gery voordat hy in die middel van ’n huis se muur tot stilstand gekom het.

Op 27 Mei het inwoners in Mopaniestraat, Tasbetpark omstreeks 19:15 die slag gehoor soos die trok deur die mure breek.

Mnr. Johan Riekert, eienaar van een van die wonings, was verstom gelaat na hy die groot voertuig in sy erf gevind het.

Ongeag die skade het Riekert gemeen dat dit onveilig is met sy erf wat oop staan en het gesê dat die eienaar van die maatskappy aan wie die trok behoort verantwoordelikheid moet neem.

Me. Adel Harris was ook ontstoke gelaat na haar karavaan in die ongeluk vernietig is. “Die trok is bo-oor die karavaan met al ons goed nog daarin,” het sy ontsteld gesê.

Die omheining is ’n paar dae na die voorval herstel. Niemand is gelukkig tydens die voorval beseer nie.

Mnr. Frans Parsons, eienaar van Parsons Transport, aan wie die trok behoort, het gesê dat die “skade minimaal was”.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button