Local newsNews

PPK en NGK vier saam fees

Hoe mooi, hoe wonderlik is dit as broers en susters regtig lief is vir mekaar en eensgesind saamwoon, skryf die Psalmdigter in Psalm 133:1. Daar sal hulle die Here se seën beleef, skryf hy verder in sy gedig.

Hiervan kan die lidmate van die Mooi Hawens Pinkster Protestantse Kerk en NG Kerk, Klipfontein-gemeente getuig.

Watter wonderlike seën het ons nie Sondag, 11 Mei saam beleef nie? Die geleentheid – ʼn Doopgeleentheid waar ʼn groep lidmate van beide gemeentes hulle laat doop het as teken van hulle wedergeboorte.

Lidmate van Mooi Hawens PPK en die NG Kerk, Klipfontein word as teken van hul wedergeboorte.
Lidmate van Mooi Hawens PPK en die NG Kerk, Klipfontein word as teken van hul wedergeboorte.

Klipfontein-gemeente is uitverkoop aan die Here se opdrag dat sy kinders moet saamwerk as ʼn groter familie. Deur die jare het ʼn aantal lidmate in Klipfontein die behoefte uitgespreek dat hulle graag die Bekeringsdoop wil ondergaan en nie daardeur hulle verbondsdoop tot niet wil verklaar nie. In oorleg met die Oostelike Sinode en met die goedkeuring van beide gemeentes se kerkrade is hierdie geleentheid gereël.

Tydens ʼn gesamentlike diens op Sondagaand 11 Mei het die twee gemeentes bymekaargekom en is daar ʼn geleentheid geskep vir hierdie NG lidmate wat hulle wou laat doop. Die tema van die erediens was: “Onthou jy nog wat met jou tydens jou bekering gebeur het?” en die boodskap vanuit Johannes 4 is deur ds. Marius Nel gebring. Daarna is persone wat hulle wou laat doop deur pastoor Johnny Fraser van die PPK en ds. Louis Cloete van Klipfontein gedoop.

Lidmate van Mooi Hawens PPK en die NG Kerk, Klipfontein word as teken van hul wedergeboorte.
Lidmate van Mooi Hawens PPK en die NG Kerk, Klipfontein word as teken van hul wedergeboorte.

Onderworpe aan die besluite van die Algemene Sinode van die NG kerk, het ds. Cloete nie-lidmate van die NG kerk gedoop wat reeds as babas die Verbondsdoop ontvang het nie. Hy kon wel deel in die vreugde van lidmate wat nog nooit gedoop is nie en het ook gehelp met die doop van lidmate van die PPK-gemeente.

Na afloop van die diens het lidmate van die twee gemeentes heerlik saam tee gedrink en tuisgebakte brood geniet.
Die leierskap van die twee gemeentes beplan later in die jaar weer ʼn geleentheid waar die twee gemeentes rondom die wedergeboorte van mense kan feesvier.

Back to top button