Aanvallers steeds op vrye voet

Middelburg se panga- en hamer aanvallers ontwyk die polisie nog steeds.

Dit is al amper drie maande na die wrede aanval op die paartjie by Pienaarsdam en na weke van onsekerheid het die hoop skielik vir me. Rina Fourie opgevlam toe sy hoor een van hul aanvaller is moontlik gevang.

Sy moes Dinsdag 27 Mei inderhaas na Hendrina Polisiestasie gaan vir ’n uitkenningsparade, maar sy het teleurgesteld teruggekeer. Die verdagte in aanhouding was nie een van die mans wat haar verloofde, mnr. Deon van der Merwe op 7 Maart genadeloos aangeval het nie.

“Ek probeer, ek probeer baie hard….” het sy snikkend gesê.
Sy het vertel dat sy nou dreigoproepe ontvang.

“Ek het die nommer reeds aan die polisie gegee. Hulle het beloof om dit op te volg.”
Op die vraag wat is daar vir haar tydens die oproepe gesê, het sy amper onhoorbaar sag gefluister, “I am coming to get you!”

Die aanval op die paartjie het die kollig weereens verskuif na een van die aanvallers wat deur Fourie uitgeken is toe ’n foto van hom aan haar gewys is.

Mduduzi Nkosi word geken aan die manier hoe hy sy slagoffers met ‘n hamer slaan.

Mduduzi Nkosi word geken aan die manier hoe hy sy slagoffers met ‘n hamer slaan. Hy het in Desember 2009 ontsnap terwyl hy verhoorafwagtend was op roofsake. Skaars 12 dae na sy ontsnapping word hy verbind met ‘n plaasaanval waar hy die slagoffer met ‘n hamer aangeval het. Op 22 Januarie is hy verbind met nog ‘n plaasaanval waartydens mnr. Johan Venter doodgeskiet en sy vrou Rentia ernstig gewond was.

Hy is in Carolina gevang, maar het die gereg weereens ontglip toe hy in 2013 uit die polisieselle in Middelburg ontsnap het.
As jy een van die verdagtes herken, skakel die ondersoekbeamptes: a.o. Boss Makwena of a.o. Tobias Mogadime: 079 878 7941.

Exit mobile version