36-jarige kry borg

Borg is toegestaan aan die 36-jarige man wat twee weke terug gearresteer is na die ‘verdwyning’ van ’n 13-jarige dogter.

Die man is Maandag 12 Mei gearresteer nadat ’n 13-jarige dogter, wat twee weke gelede as vermis aangemeld is, in sy woonstel gekry is.

Hy het Dinsdag 27 Mei in Witbank Landdroshof verskyn en is R4 000 borg toegestaan. Dit is die tweede keer wat hy in die hof verskyn het.

Hy het die eerste keer aangedui dat hy sy eie verdediging wou behartig. Die saak is uitgestel omdat die dossier nie by die hof was nie.

Die man staar twee klagtes van verkragting, ’n klag van ontvoering en ’n klag van abduksie van ’n minderjarige in die gesig.

Die saak is uitgestel tot 14 Augustus.

*Die name word weerhou omdat ’n minderjarige betrokke is en ’n sedeklag teen die man ondersoek word.

Exit mobile version