Local newsNews

Anine toer saam Vlaamse

’n jong dame van eMalahleni is gekies uit die Mpumalanga streek om saam met die Vlaamse te toer.

Anine van Niekerk (18) is gebore in eMalahleni waar sy groot geword het. Sy was in Laerskool Reyno rif en sy het laasjaar matriek geskryf by Hoërskool Patriot.

Anine het in 2010 begin met Volkspele toe eMalahleni se laer gestig is. “Ek het met volkspele begin as ’n gesins aktiwiteit,” het Anine gesê.
In 2012 is Anine gekeur was vir ’n oorsee se toer na Europa vir volkspele. Die Afrikaanse Volkspele het in omstandighede en by geleenthede ontstaan waar gemeenskappe en gesinne gelukkig bymekaar was, waar prettige situasies ontwikkel het, en veral ook by die vreugde van die arbeid.

Anine is gekies vir die nasionale span vir die Vlaamse toer.  ”Die Vlaamse mense kom omtrent vanaf 19 Julie to 26 Julie die toer begin in Johannesburg, Soweto, Sun City en dan die Laeveld. Ek sien baie uit na die toer en dink dit kan ’n belewenis wees,” het Anine gesê met ’n glimlag.

Anine oefen volkspele elke Donderdag by Swartgoud se laer in eMalahleni.  Die boerelewe was, en is, hoofsaaklik die teelaarde van hierdie kultuurvorm. In navorsing vind hulle dat boeregesinne en groepe spontaan gesing het van die dinge wat hulle doen en beleef. Dikwels het so ’n liedjie dan gestalte gekry in ’n speletjie wat ’n nabootsing is van dinge wat op die plaas gesien en gedoen word.

Die vierperdewa, Kapkar en Nana bak mosbeskuit is onder andere voorbeelde van sulke handeling.
Mense  vind ook die meeste van hulle spele en liedjies in die streke van die land waar  mense in groter veiligheid kon woon, d.w.s. in die gebiede waar hulle hul redelik permanent kon vestig, soos byvoorbled waar die eerste republieke Swellendam en Graaff-Reinet gestig is, en in die Outeniqualand waar die Grootberg eers verower moes word en die boeremense geleentheid gevind het om wortel te skiet.

“Ek hoop ek kan in die toekoms nog volkspele doen en my kinders eendag kan leer van die lekker sing, speel en samesyn. Volkspele is ’n goeie manier om nuwe mense te leer ken en ons kulturele erfenis te behou, ons is een groot volkspele familie en jy kan atyd staatmaak op ’n volkpele vriend,” het Anine gesê.

Daar is tans 26 neefs en niggies’ verbonde aan die plaaslike laer, wat elke Donderdag-aand bymekaarkom om volkspele te speel.
“Ons is baie familie georiënteerde en is self soos een groot familie. Ons heg meer waarde aan mekaar en Godsdiens is vir ons ook baie belangrik,” meen Louwtjie Roets, leier van die Swartgoud-laer.

Anine van Niekerk is gekies om saam met die Vlaamse mense te toer in Julie.
Anine van Niekerk is gekies om saam met die Vlaamse mense te toer in Julie.

Die samesyn en bande wat die volkspelers vorm met mekaar maak dit beslis die moeite werd om die ou tradisies te behou.
Tydens die naweek van 30 Mei tot 1 Junie word ’n fees, naby Pretoria plaas met internasionale volksdansers op die Vrydag aand, Saterdag Volkspele en vyf kore sal optree tydens die Sondag-diens.

In Julie kom dansers van België vir ’n spesiale twee weke toer saam met plaaslike volkspelers toer en in Oktober bring die Duitse dansers besoek aan ons. Hoof fees vind die naweek van 10 tot 12 Oktober in  Bloemfontein plaas.

Vir enige inligting of navrae, bel gerus vir Johan de Beer: 082 443 3783. E-pos: jdebeer@afgri.co.za

Back to top button