Editor's choiceLocal newsNews

Noot vir Noot vir Nico

Toe nou nie so ’n ernstige gesig soos gesien op televisie nie – Nico Scheepers lag maklik en lekker saam oor sy deelname aan die welbekende musiekspel: Noot vir Noot.

Noot vir Noot aanhangers en kykers van eMalahleni het, Vrydagaand 2 Mei, Nico toegejuig en aangepor vanaf die rusbank voor hul televisie stelle.

Dié 39ste reeks – program 9 wenner het, soos Johan Stemmet sal sê: ‘skitterend’ gedoen en met byna R55 000 weggestap.
“Riaan (van Rensburg) het my nog na die tyd kom geluk wens en gesê dat ek die eerste deelnemer van die reeks is om die Boerpot los te slaan,” het Nico trots vertel.

Nico en die ander deelnemers tydens die musiekspel.
Nico en die ander deelnemers tydens die musiekspel.

Soos Noot vir Noot kykers weet is daai Boerpot-speletjie aan die einde van die musiekspel nogals ’n tawwe-tameletjie. Dis dubbel of niks.
Met meer as R22 000 wat hy gemaak het na die ‘Vier in ’n ry’ spel, het Nico die kans gewaag om dit te verdubbel en daarin geslaag.
“Dit het ’n ruk gevat voor dit ingesink het dat ek gewen het,” lag Nico.

Nico vertel dat hy al die afgelope 20 jaar ’n inwoner in eMalahleni was en sê dat hy sy musiek-kennis opgebou het deur baie ‘radio te luister’.
“Ek het vir Rotek Engineering gewerk. Ons was soms lang ure op die pad en het dan maar musiek geluister,” vertel hy.
“Ek kan glad nie sing – soos jul Vrydagaand kon hoor! Ek maak maar net geraas in die stort,” het hy dan laggend gesê en grap dan dat sy broer die enigste ander familie-lid is met meer musiek-kennis. “Hy het verskeie musiek instrumente waarvan hy nie een kan speel nie.”

Nico het meer oor sy oudisie en deelname aan Noot vir Noot vertel. Hy het laas jaar, eers na sy tweede oudisie, deurgedring om deel te neem in die reeks.

Nico meen hy was glad nie senuweeagtig voor die kamera nie en kon toe goed fokus (veral op die kriptiese leidrade in die ‘Noot vir noot’- speletjie) waar hy die ander deelnemers vêr agterna gelaat het.

Nico saam met twee lede van die Musiekfabriek: Jaconell Mouton en David Klaasen.
Nico saam met twee lede van die Musiekfabriek: Jaconell Mouton en David Klaasen.

Nico onthou hoe Johan Stemmet, gedurende die musiekspel,
nog sy been getrek het en meen dat hy nie so ‘ernstig’ hoef te
lyk nie – “Ek is besig om te konsentreer om geld te wen,”
vertel Nico het hy toe vir Johan (heel ernstig) gesê.

“Hy is baie gasvry,” het Nico dan oor Johan vertel. “Hy laat
’n mens gemaklik voel en spandeer tyd met elke deelnemer.”
So eksiteerbaar en gemaklik soos die Noot vir Noot aanbieder
op televisie is, vertel Nico, is hy net só in persoon.

Nico het ook kans gekry om die lede van Musiekfabriek
(die Noot vir Noot orkes) te ontmoet, sowel as die gaskunstenaars: Jakkie Louw en Kevin Leo (Jakkals en Leeu).

Na al sy jare in eMalahleni, groet Nico nou sy ‘Witbank’ om
saam met sy verloofde en drie-jarige seuntjie in Saldanha Bay
te bly. Hy waai vaarwel met die belofte dat hy nog gereeld sal kom kuier in die ‘steenkool-stad’ van algemene mense met besonderse talente.

*Kyk uit vir Nico in die semi-finaal van Noot vir Noot se 39ste reeks.

One Comment

  1. Baie dankie vir die mooi stuk Corlia.We’ll gedaan en dit is als wat ek verwag het om te sien.

Back to top button