Elections 2014LettersNewsOpinion

Maak die VF+ groter en sterker

Geskryf deur Werner Weber (Premierskandidaat vir VF+ in Mpumalanga), Plaas Bodenstadt, Piet Retief:

Ek het begrip daarvoor dat kiesers in goeie trou kon gedink het dat ons ’n sterk opposisie moet hê om ons te beskerm teen beleidsrigtings van die regering, wat vir ons as ’n minderheid skadelik is.

Baie Afrikaners het gemeen die grootste opposisieparty sou grootliks daardie rol speel. Om daardie rede is dié party grootliks deur Afrikaners, uitgebou tot ’n magtige opposisieparty.

Die skadelikste beleidsrigting van die regerende party, waarteen dié magtige opposisieparty ons moes beskerm is:
*regstellende aksie,
*swart ekonomiese bemagtiging; en
*grondhervorming (die her-oopstelling van grondeise).

Dit word egter nou duidelik dat die dié party hierdie opposisierol, om minderhede teen rasgedrewe beleidsrigtings te beskerm, nie meer wil speel nie. Inteendeel, dié party sê nou uitdruklik dat hulle die regerende party wil bystaan en ondersteun om verskerpte regstellende aksie en die her-oopstelling van grondeise toe te pas.

In ’n memorandum aan dié party se koukus stel portefeulje komitee verteenwoordigers oor grondregte dit in geen onduidelike taal:
“The fundamental policy position is whether or not we support the re-opening of the claims window. We are emphatically on record that we do.”

Hierdie beleidsrigtings is skadelik vir minderhede soos Afrikaners.
Die vraag is: “Hoekom wil jy ’n party ondersteun en nog groter maak, wat die regerende party wil help om jou skade te berokken?”
Stem liewer vir die VF+. Maak die VF+ groter en sterker.

Die VF+ onderneem om namens jou teen ras-gedrewe regstellende aksie, swart bemagtiging en grondhervorming te veg.

Back to top button