Motorhuis vat vlam

Hoe die brand in die motorhuis, waarin twee karre geparkeer was, begin het bly ’n raaisel.

“Dit het ewe skielik gebeur. Ek het ’n plofgeluid gehoor en toe ek uitgaan sien ek die garage brand,” het mnr. Nick Steyn verslae by sy huis in Reynorif gesê.

Steyn se bure en omstanders het hom te hulp gesnel om die vuur te probeer blus, terwyl hulle op die brandweer gewag het.
“Dit het so rondom 08:15 gebeur,” het Steyn Dinsdag 8 April gesê. Hy het vertel dat hul meer as 20 minute moes wag terwyl die vlamme deur die motorhuis woed en die twee voertuie binne uitbrand.

Lede van die Emalahleni Brandweerdienste blus die vlamme wat minute vroeër in die motorhuis gewoed het.

“Gelukkig het die vlamme nie na die huis toe verprei nie,” het een van die omstanders op die toneel verlig gesê.
Emalahleni Brandweerdienste het die brand geblus, maar kon nie die skade voorkom van die twee voertuie, ’n Mazda bakkie en Nissan Sentra, wat in die motorhuis was nie. Beide voertuie het uitgebrand.

Sien die video hier

Exit mobile version