Local newsNews

Junior jagters kan solank aanlê

Die Hoëveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging bied binnekort ’n junior jagterskursus aan.

Dit beloof om ’n interessante en opvoedkundige kursus vir Gr.8 tot 12 leerlinge te wees met verskeie aspekte wat gedek sal word.

Aspekte soos spoorsny, vuurwapenveiligheid, wilduitkenning, skootplasing, oorlewing, skiet, natuurbewaring (Fauna en Flora), trofee-meet en voorbereiding, noodhulp, jag-etiek en vaardigheid, wetgewing, herlaai van ammunisie en vele meer sal gedek word.

Daar sal ’n teoretiese en praktiese sessie wees tydens die kursus, wat van 30 April tot 4 Mei, plaasvind.
Suksesvolle kandidate sal dan ook die geleentheid gebied word om later op ’n jag te gaan waar al die vaardighede toegepas sal word. Verdere inligting sal tydens die kursus bekendgemaak word.

Kostes is R500 per leerder. Kostes sluit in akkommodasie, opleidingsmateriaal, gebruik van vuurwapens en ’n sertifikaat.
Vir verdere inligting en om jou aansoekvorm te kry, skakel Karl Claassen: 082 922 2998 of Chris Opperman: 082 886 9679.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button