HTS skietspan begin groot

Die skietspan van die Hoër Tegniese Skool het onlangs aan hul eerste Nkangala Streekskompetisie vir die jaar deelgeneem.

Vanaf 28 Februarie tot 1 Maart, by Ben Viljoen Hoërskool in Groblersdal, het vyf skole aan die kompetisie deelgeneem in drie klasse, naamlik: sporterklas, veerklas en pistoolskiet.  In elke klas was daar ook drie verskillende ouderdomsgroepe.

Die groepie van 28 skuts van HTS het behoorlik ’n hond uit ’n bos geskiet en met die louere weggestap na afloop van die naweek. Die span het in die volgende afdelings as wenners uit die stryd getree:
*o.21 Sporterklas met Janette Steyn as die wenner.
*o.16 Sporterklas met Ruan van Zyl as die wenner.
*o.14 Sporterklas met Chantelle Wassenaar as die wenner.
*o.16 Veerklas met Johandré Labuschagne as die wenner.

Verder het die skuts agt van die algehele Top 10 plekke (ongeag klas en ouderdomsgroep) op die kompetisie ingeneem. Die algehele wenner van dié kompetisie was Ruan van Zyl.

Die skool sê baie geluk aan elke skut en bedank ook die ouers vir hul ondersteuning, asook die vrywillige ouers wat betrokke is by die organisering en afrigting van die span. HTS is met reg trots op die skietspan.
Dieselfde groepie skuts neem die naweek van 7 en 8 Maart in Vryheid deel aan ‘n Inter-provinsiale kompetisie tussen Mpumalanga en KwaZulu-Natal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version