InternationalSport

Dwayne is onstuitbaar

Nee, dis nie Dwayne Vermeulen die Springbok rugbyspeler nie, maar ’n krieketster van Laerskool Klipfontein wat sy opponente een vir een laat tuimel

‘Koes’, ‘pas op’, ‘keer’ dis die woorde wat weerklink wanneer die 13-jarige Dwayne Vermeulen die kolf opvat.

Nee, dis nie Dwayne Vermeulen die Springbok rugbyspeler nie, maar ’n krieketster van Laerskool Klipfontein wat sy opponente een vir een laat tuimel.

Dwayne het Donderdag 25 Julie tydens ’n liga wedstryd 96 lopies aangeteken van net 32 balle.

Hy het met gemak agt viers en nege sesse geslaan.

Tydens dieselfde wedstryd het hy vier beurte geboul en net een lopie afgestaan, wat ’n wye bal was.

Vrydag 26 Julie het Dwayne tydens die vriendskaplike ‘Pro 10’ wat deur Laerskool Kragbron aangebied was, weereens gewys dat hy ’n uitsonderlike krieketspeler is.

Hy het 50 lopies, nie uit, in net 12 balle geslaan.

“Hierdie is nog ’n rekord, het mnr. Pieter Zeelie van Laerskool Klipfontein gesê.

Laerskool Klipfontein het beide hul wedstryde teen Laerskool Delmas en Cambridge gewen.

Dwayne is aangewys as man van die wedstryd.

Mnr. Gary Webb van Laerskool Kragbron het gesê dat dit lekker is om te sien hoe die jong krieketsterre dié sport geniet.

Back to top button