Skuts maak ‘oorlog’

Die veiligheidsoffisiere van Witbank-klub het seker gemaak die dag verloop veilig en sonder enige voorvalle

Dit het behoorlik geklink soos oorlog toe Witbank Defensive Pistol Club (WDPC) hul jaarlikse SADPA Handwapen Liga skietkompetisie aangebied het.

Ten minste 6 000 skote is Sondag 30 Junie afgevuur tydens die kompetisie, en 50 skuts het hul skietvernuf getoon in agt seksies wat beide akkuraatheid en spoed tot die uiterste getoets het.

Verskeie huidige en vorige nasionale kampioene (in hul onderskeie divisies) het deelgeneem.

Skuts tussen die ouderdomme van ’n volwasse 12 en ’n jong 72 het deelgeneem in ’n verskeidenheid divisies, en die veld het 10 dames ingesluit.

Die veiligheidsoffisiere van Witbank-klub het seker gemaak die dag verloop veilig en sonder enige voorvalle.

Al die deelnemers was dit eens dat die WDPC Liga ’n hoogtepunt op hul jaarlikse kalender is.

Lede van Witbank Defensive Pistol Club het verskeie medaljes verower, insluitende die algehele wenner, Flip du Plessis, wat ’n lid van WDPC is.

Eerste plek in die dames kategorie is gewen deur Hannele de Villiers van Pretoria en GP Janse van Rensburg (Ermelo) was die beste junior.

Om meer uit te vind of om deel te word van die opwindende aksie pistoolskiet sport, kontak WDPC op info.wdpc@gmail.com.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version