Trek toe die gordyne in Nashville, Juan kom kuier

Juan se lewe is in 2004 op die ouderdom van 20 onheroeplik verander toe sy meisie, Nadia Potgieter, in ‘n baie ernstige motorbotsing betrokke is en in die intensiewe-eenheid in ‘n koma beland. Tydens die daaropvolgende twee maande kon hy Nadia net vir kort rukkies besoek en besluit om vir haar iets te gee om aan vas te klou vir die tye wat hy nie by haar kon wees nie. In haar koma het trane oor haar wange gerol en Nadia het sy hand gedruk om te wys alles gaan reg wees. Juan het ‘n goedkoop kitaar en ‘n notaboekie gaan koop en begin kitaar speel en begin om ‘n liedjie vir Nadia te skryf. Drie weke voordat Nadia haar laaste asem sou uitblaas, het Juan die liedjie “Keep fighting” vir haar klaar geskryf.

Om presies te verstaan waar Juan se passie vir musiek vandaan kom is sy eie woorde: “Om ‘n sanger te wees is nie ‘n keuse nie, dit word vir jou gegee”.
Op 25 jarige ouderdom word hy deur Vonk geteken en sy debuut album, ‘082…’ verskyn op die rakke. ‘Bring die water’ was dadelik ‘n groot treffer. Die album lewer verskeie ander treffers onder aanhangers op soos ‘Botterbekkie’, ‘082..’, ‘Hou daai smile’, ‘24’ en ‘Pamela’ op.  Sy nederige, innemende persoonlikheid, musiek en verhoogpersoonlikheid gryp mense aan.  Hierna met sy liefde vir musiek en liedjies borrel uit sy pen uit. Met sy tweede album ‘Jy is my flavour’ ontvang hy sy eerste toekenning en wel vir die treffer ‘Trek toe die gordyne’.

Sy derde album word uitgereik in 2013 met 14 liedjies op waarvan 12 uit sy eie pen kom en het weereens verskeie treffers opgelewer.
Juan tree op 25 Julie by Nashville op. Kaartjies beloop R100 per persoon.
Intussen bly die ‘cowboys’ en ‘cowgirls’ bo-op die meganiese bul se rug.

Op 18 Junie is Chane van Huyssteen en Nico Visser as die wenners vir die aand aangewys.  Hulle het elkeen R1 000 gewen nadat hulle die langste op die bul se rug gebly het.

Vir meer inligting oor Juan se optrede en die meganiese bul kompetisie skakel gerus vir Sonja Haasbroek: 081 805 3174.

Exit mobile version