Immergroen hou basaar

Die basaar vind Vrydag 13 Maart vanaf 16:00 by die NG Kerk Witbank-Suid (Trappieskerk) in Plumerstraat plaas.
Kyk, daar is nou niks wat lekkerder proe as ’n basaar- koek, worsbroodjie en natuurlik pannekoek nie.
“Ons beoog om by die basaar worsbroodjies, koek, koeldrank, poeding en nog baie ander lip-lekker- eetgoed te hê,” het mnr. Albert Williams van Immergroen gesê.

Pannekoek kan reeds die vorige dag bestel word.
“As 30 of meer pannekoeke bestel word, lewer ons sommer gratis af,” het Albert gesê en bygevoeg bestellings kan geplaas word by 082 873 2474.
Vir die lekker-bekkiges is daar ook afval beskikbaar. As jy afval wil bestel reël vooraf met me. Markie Rademeyer gedurende werksure: 013 690 2793.

As jy enige gebak vir verkope wil skenk sal dit hoog op prys gestel word. Skakel me. Bossie Schön vir die reëlings daarvoor: 076 749 8167.
“Ons doen ’n beroep op die gemeenskap om ons te ondersteun. Kom koop gerus jou gesin se aandete by ons,” het Albert uitgenooi.
SAVF Immergroen Huis vir Bejaardes is ’n welsynsorganisasie wat verantwoordelik is vir die versorging van 145 bejaarde en gestremde inwoners.

Back to top button