Local newsNews

Huis herbou na brand

Sy het vertel dat die huisbou ’n baie stresvolle proses was, veral wanneer mens nog nooit gebou het nie en dat alles maar hul probleme oplewer.

“Ons huis is klaar gebou, maar die kinders geniet dit te veel op die plot om terug te trek,” het me. Janie Opperman gesê.

Dit volg na hul huis in Duvhapark op 5 Januarie vanjaar afgebrand het, na daar vermoedelik ’n kortsluiting ontstaan het.


Een van die vertrekke wat deurgeloop het onder ’n verwoestende brand op 5 Januarie. Die huis is tans klaar gebou, maar die gesin sien nog nie kans om terug te trek nie.

Op 30 Desember verlede jaar was daar ook ’n kleiner brand in die huis, maar net die sitkamer is daardeur geraak, maar tydens die tweede brand het hierdie gesin byna alles verloor. Hulle was nie tuis tydens die brand nie en daarvoor is Janie en haar man, Kevin baie dankbaar.

“Ons huis is so middel Junie klaar gebou, ons verhuur dit tans. Ons bly steeds by Kevin se ouers op ’n plot op Naauwpoort. Ek het die kinders gevra of hulle terug wil trek huis toe, maar hulle geniet die plotlewe te veel,” het Janie gesê.


Die Opperman’s kan weer glimlag na hul huis ten volle herbou is. Hier is Janie en Kevin Opperman saam hul twee dogtertjies, Mianè en Melissa. (Foto: verskaf).

Sy het vertel dat die huisbou ’n baie stresvolle proses was, veral wanneer mens nog nooit gebou het nie en dat alles maar hul probleme oplewer.

“Die kontrakteurs het in Maart begin bou en sou einde Mei klaar gewees het, maar na ’n paar probleme is die bouproses so middel Junie voltooi. Die huis lyk baie mooi en netjies, maar ons beplan nie om binnekort weer daar te woon nie. Ek mis my huis, my spasie en my tuin, maar ek sien nie nou kans vir die dorp se krag- en waterprobleme nie,” het Janie gesê.

ALSO READ

https://www.citizen.co.za/witbank-news/84475/alles-is-vernietig/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/86166/brandweer-se-als-was-in-orde-tydens-huisbrand/

Check Also
Close
Back to top button