MunicipalNews

As die munisipaliteit regmaak, moet hul skoonmaak

Die klagtes van swak dienslewering in eMalahleni het net geen einde nie.

Die klagtes van swak dienslewering in eMalahleni het net geen einde nie.

’n Eiendomsagent het na weke se sukkel met die munisipale werkers genoeg gehad en WITBANK NUUS van haar frustrasie vertel.

“Ek vra alewig om hulp met die riool-probleem wat die inwoners in Key woonstelblok in Dan Pienaarstraat mee sit. In die eerste plek is dit ons mens se reg om in ’n skoon gebied te woon en dan praat ek nog van inwoners wat vir die dienste betaal. Maar vir die munisipale werkers hier in ons dorp is dit net nog ’n manier om omkoopgeld te kry en weier hulle net blatant om skoon te maak na die regmaak,” is vertel na een van die woonstel huurders gesê is as hy ’n koeldrank vir hulle bring dan sal hulle die probleem uitsorteer.

Terwyl inwoners deur hulle ore betaal vir basiese dienste moet hulle nou ook nog opdok vir ’n omkoopgeldjie hier of ’n koeldrankie daar net sodat hulle in ’n leefbare area kan woon.


Inwoners smeek vir dienslewering en maak dan maar self skoon omdat hulle geen reaksie van die munisipaliteit kry nie. Die gemors wat die munisipaliteit net so gelos het na hul die riool-probleem in Tambotiestraat reggemaak het.

Nog ’n inwoner, mnr. Riaan Lombard meen dat hy al meer as een keer ’n paar Rand in die hande van munisipale werkers moes stop om die watertrok by sy huis te kry.

“Kyk, met alles wat in die dorp aangaan is ons al moeg gekla en as dit beteken ek moet die korrupte span nog ’n R10 gee, dan is dit so,” het die Tasbetpark-inwoner moedeloos vertel.

In nog voorval in Tambotiestraat, Tasbetpark het me. Natasha Coetzee vir ’n week lank op die munisipale telefoonlyne gelê met die hoop op dienslewering. Op die sewende dag het die span uiteindelik opgedaag en begin regmaak.

“Hulle het die riool, wat aanhoudend geloop het kom regmaak, maar die gemors wat die erf vol gelê het net so gelos en my so ewe vertel dis ons inwoners se werk om die riool skoon te maak,” het sy vertel.


In Dan Pienaarstraat is die riool-probleem al verskeie kere aangemeld, sonder enige terugvoer of hulp van die munisipaliteit.

Kommunikasie-woordvoerder van die munisipaliteit, mnr. Kingdom Mabuza het gesê,

“Dit is heeltemal onaanvaarbaar dat munisipale werkers in gevalle waar hulle verplig is om te werk, aan inwoners sê dat dit nie hul plig is nie. Inwoners is kliënte en moet met respek behandel word wanneer hulle versoek dat hulle byvoorbeeld skoonmaak nadat hulle ‘n pyp vasgemaak het. Ondernemers word verwag om te verseker dat werkers in alle departemente hul werk tot bevrediging van inwoners doen, enigiets minder sal nie geduld word nie. Alle voorvalle van slegte werk sal aangespreek word as inwoners dit rapporteer.”

ALSO READ

https://www.citizen.co.za/witbank-news/94074/afgekapte-bome-n-huis-vir-rotte-en-gemors/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/93033/swaarvoertuie-ry-paaie-voos/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button