Local newsNews

Ongeluk op N4 eis lewe

’n Man het met sy lewe betaal nadat hy sy voertuig glo uit die pad wou stoot, op die N4-snelweg.

’n Man het met sy lewe betaal nadat hy sy voertuig glo uit die pad wou stoot, op die N4-snelweg.

Net na sonsak Dinsdagaand, op 29 Augustus het ’n ooggetuie die ongeluk sien gebeur toe ’n BMW teen ’n Toyota gebots het. Volgens die ooggetuie, het die bestuurder van die Toyota se kar glo gaan staan, maar sy poging om die voertuig uit die pad te stoot, was rampspoedig.

Die BMW het glo van agter gekom en die bestuurder van die Toyota het na bewering in die sloot langs die pad te lande gekom.

Paramedici van ER24 en Langamed Emergency Specialists het die pasiënt op die toneel behandel en mnr. Dino Padayachee, hoof uitvoerende meampte van Langamed het op die toneel gesê dat die pasiënt ernstige kop- en borsbeserings opgedoen het.


Die Toyota wat in ’n ongeluk betrokke was op Dinsdag 29 Augustus op die N4- snelweg.

Me. Estie Biela van ER24 het Woensdag 30 Augustus bevestig dat hy ongeveer ’n halfuur nadat hy by eMalahleni Privaathospitaal afgelaai is, aan sy beserings beswyk het.

“Ek kan nie bevestig presies waaraan hy dood is nie, maar hy het hoof- en breinbeserings gehad,” het sy ten slotte gesê.

Die bestuurder van die BMW was nie teen druktyd beskikbaar vir kommentaar nie. ’n Saak van strafbare manslag is by die Witbank Polisie geopen vir verdere ondersoek.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/22251/pa-van-twee-sterf-op-n4/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/88177/nat-pad-lei-na-gru-ongeluk/

Check Also
Close
Back to top button