CrimeNews

Verdagtes vasgetrek tydens inbraak

Twee verdagtes sit tans agter tralies na hul by ’n maatskappy in Van Reyneveldstraat wou inbreek.

Twee verdagtes sit tans agter tralies na hul by ’n maatskappy in Van Reyneveldstraat wou inbreek.

Op Woensdag, 30 Augustus omstreeks 04:00 het ’n reaksielid van ’n sekuriteitsmaatskappy reageer op ’n alarm wat by die besigheid afgegaan het.


Twee verdagtes wat vroeg Woensdagoggend, 30 Augustus vasgetrek is by ’n ouditeursmaatskappy toe hul poging om daar in te breek, nie geslaag het nie.

“Ek het my voertuig aan die anderkant van die gebou gestop en te voet om die hoek gegaan. Hier het ek gesien hoe hulle besig is om die venster te breek, in ’n poging om toegang te verkry tot die maatskappy en ek het nog reaksielede geskakel,” het mnr. Michael Khumalo Woensdagoggend gesê.

Met aankoms van die ander reaksielede, het die diewe probeer weghardloop, maar Khumalo het gesê dat daar drie ander voertuie in die pad gestop het, en die diewe het nêrens gehad om heen te gaan nie.


Die venster wat gebreek is tydens ’n poging om by ’n ouditeursmaatskappy in te breek, voor die verdagtes vasgetrek is. Die voorval het Woensdag 30 Augustus plaasgevind.

“Ons het die twee voor die maatskappy laat sit en die eienaar geskakel, nadat ons hulle met boeie vasgemaak het. Ons het toe gewag vir die polisie om hulle te kom haal,” het Khumalo verder gesê.

“Die sekuriteitstrale (beams) het die alarm laat afgaan en dit is waarop ek reageer het.”

Hy het ook bygevoeg dat daar verlede week Vrydag ’n soortgelyke voorval was, maar die diewe het geslaag om ’n ander venster te breek en ’n rekenaar te steel.

Me. Marlene Olivier, kantoorbestuurder het gesê dat sy nie eers meer kan tel hoeveel keer daar al by hierdie besigheid ingebreek is nie.

“Ek het nog nie eers Vrydag se eis afgehandel nie, nou is daar weer een. Dit was vir ’n rukkie stil gewees, vandat ons van sekuriteitsmaatskappye verander het. Ek weet nie hoekom daar so baie hier ingebreek word nie, hulle dink seker ons het baie geld. Ons werk met geld in syfers, maar niks kontant nie.”


Die gereedskap wat gebruik is om die venster te breek by ’n ouditeursmaatskappy toe verdagtes daar probeer inbreek het op Woensdag 30 Augustus.

Olivier het bygevoeg dat die inbraak hierdie keer by haar kantoor was, maar dat sy dankbaar is niks gesteel nie.
Mnr. Piet Cromhout van die sekurteitsmaatskappy sê dat hierdie kliënte al vantevore geteister is deur die spesifieke individue.

“Ons het ’n daadwerklike intensiewe beplanning gedoen om hulle vas te trek en vanoggend het dit vrugte afgewerp,” het Cromhout gesê.

Hiermee wil Cromhout ook net weereens hierdie sekuriteitsmaatskappy se toewyding aan elke individuele kliënt bevestig, soos in die verlede om hul probleme op te los.

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/95947/lee-huise-n-broeiplek-vir-onheil/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/47074/verdagtes-skiet-op-polisie/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button