CrimeNews

Samaritaan aangeval

"Ek was weerloos, maar ek het geweet God is met my,”

’n Bejaarde is die afgelope naweek aangeval op haar kleinhoewe by Jackaroo-plotte.

Die skemer wat Sondag, 27 Augustus oor me. Tina Booyse (89) se kleinhoewe geval het, was alles behalwe ’n mooi sonsondergang.


Me. Tina Booyse is beseer tydens ’n aanval op haar kleinhoewe op 27 Augustus.

Die klokkie by haar hek het omstreeks 18:00 gelui,

“Ek het dadelik geantwoord en twee mans het ewe nederig vir my gesê: ‘mies, mies ons is baie honger’. Nou vir my was gee nog nooit te veel nie, en het ek rustig vir die twee mans kos begin maak,” het Booyse vertel.

Terwyl sy doenig was in die kombuis is sy onkant gevang toe die einste twee mans wat kom aanklop het vir ietsie om te eet, haar oorval het.


Me. Tina Booyse in die hospitaal nadat sy op 27 Augustus op ’n kleinhoewe by Jackaroopark-plotte aangeval is.

“Hulle het my plat teen die vloer gedruk en begin wurg, my gehoortoestel met geweld uitgeruk en my aanhoudend geskop terwyl ek lê. Ek was weerloos, maar ek het geweet God is met my,” het Booyse met oortuiging gesê.

Die verdagtes het Booyse na die boonste verdieping van die huis gesleep, waar hulle haar verder aangerand het.

Lees die VOLLE storie in vandag se uitfawe van WITBANK NUUS

LEES OOK

https://www.citizen.co.za/witbank-news/81858/bejaardes-aangeval/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/81219/mans-aangeval-deur-taxibestuurder/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button