NewsSchool sportSchoolsSport

Clarissa skiet silwer los in Amerika

Gee vir die jong Clarissa Bothma ’n geweer in die hand en sy sal jou wys hoe daar sekuur geskiet moet word.

Gee vir die jong Clarissa Bothma ’n geweer in die hand en sy sal jou wys hoe daar sekuur geskiet moet word.

Dié ster-skut het onlangs aan die Bisley Junior International proewe deelgeneem, waar sy ’n silwer medalje verwerf het en opgeneem is in die Suid-Afrikaanse Toerspan na Amerika.

“Jy is na die proewe genooi op jou vorige jaar se SA telling en het dan teen skuts meegeding van regoor Suid-Afrika,” het dié leerling van die Hoër Tegnies Skool gesê.

Die proewe is hierdie jaar in April by Florida Hoërskool in Johannesburg gehou.
Na die tellings geskiet is, is die span die aand aangekondig en al 21skuts wat gekies is was op die toer, nie een het onttrek nie.

Die span het bestaan uit 12 sporterskuts, drie presisieskuts, drie veerskuts en drie pistoolskuts.

“Drie veerskuts moes oorskakel na sporterklas vir die toer, omdat Amerika nie meer veerskiet nie. Ek was een van die drie,” het Clarissa verduidelik.

Die groep het op 13 Julie vertek vir hul 18 dae lange toer na Colorado Springs.

“Ons vlug na Atlanta in Amerika was 18-ure. Ons het ’n ses uur oorstaan gehad en is toe op die vliegtuig na Denver, ’n drie uur lange vlug. Ons is daarna met ’n bus na Colorado Springs, wat nog drie ure geneem het. Na ’n baie lang reis was ons uiteindelik by die Clarion Hotel en ons Amerikaanse avontuur het begin.

“Ons kon wag om te begin skiet nie, want ons het geweet ons skiet waar Olimpiese skuts regdeur die jaar oefen, by die Olympic Training Centre in Colorado Springs. Alle skiet teikens werk elektronies by die OTC en dit was vreemd vir ons Suid-Afrikaners, omdat ons nog op papierteikens skiet. Die bord waarop jy skiet het ’n sensor in wat onmiddellik jou skoot se resultate gee op ’n skerm by jou skietbaan, daarom kan jy jou posisie perfek oefen.


Clarissa Bothma.

“Ons het drie oefendae gehad en twee kompetisiedae, waar ons ’n totaal van ’n 1000 geskiet het in plaas van ons gewone 1 600 totaal, een 3posisie (3p) en ’n 400 olimpies. Met ons 3p was ons in Denver en het hulle in die stof in geskiet soos ons skuts van goud tot silwer daar uitgedra het en die volgende dag doen ons dieselfde met ons 400 olimpies, waarvan ek ’n 350/400 geskiet het en ’n silwer medalje terug gebring het. Al het ons die Amerikaners weg geskiet in meeste afdelings was hulle goeie sportmanne en het na die kompetisie nog met ons gesels en saam gelag.”

Met net ’n week en ’n half oor het die skutspan die Colorado omgewing verken en mekaar beter leer ken.

“Selfs die drie afrigters wat saam ons was het deelgeneem in ons kinderoomblikke, veral toe ons mekaar met ‘peanuts’ gegooi het in die restuarant. Die een aand was ons na ’n rodeo en het lekker gelag soos ‘n oom ‘quick sketching’ doen van ons, al wat hy vra is ’n ‘tip’ en dan het jy jou ‘cartoon cowboy’ karakter van jouself geteken. Later die aand het die rodeo begin, daai manne op die groot bulle het baie seergekry.

“Die grootste aantrekking tot Colorado is seker Pikes Peak, want dis beeldskoon en net soos Pikes Peak is The Cave of the Winds net so mooi! By die Wolf Sanctuary kon ons nie veel doen nie, tog het ons steeds met mekaar herhinneringe gevorm in die aandenkingswinkel en dieselfde by die Air Force Academy Visitor Centre, dit het die ongelooflikste mooi kerk. Ons het ook die Space Museum besoek en vreeslike interessante goed geleer en met militêre ‘air force’ manne gesels.

“Die dag wat ons teruggevlieg het was vir my ’n hartseerdag, want ek het 18 dae saam met die span spandeer en vir 18 dae het ons saam gelag, gehuil en presteer. Ek het ’n skietfamilie, nie net in my skool of dorp nie, ek het ’n skietfamilie regoor Suid-Afrika wat ek weet ek nie sal vergeet nie. Dankie aan almal wat my ondersteun deur die vyf jaar wat ek skiet, my motiveer en omtrent al aangeneem het as jou eie kind!

“Julle is my hart se punt en ek weet vir seker dat ek nie sou wees waar ek is sonder enige een van julle nie. Dankie vir elke borg wat ek ontvang het, niks sou waar kon wees sonder die hulp van my ouers, familie en skietfamilie nie.”

“Ek wil net die gedagte met julle los: ‘Beauty had never been in the way things were created, rather in how they evolved’,” het Clarissa ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button