EntertainmentLifestyle

Zoë ken die lewe se danspassies

Gee vir Zoë die regte liedjies, en sy doen tot sewe verskillende danspassies.

Gee vir Zoë die regte liedjies, en sy doen tot sewe verskillende danspassies.

Zoë Kemp is ’n graad 9- leerder by Hoërskool Generaal Hertzog. Sy neem deel aan Artium en is ’n uitblinker op die sportveld.

“Ek het in graad 2 begin met ballet, maar was nie mal daaroor nie. Ek wil rondspring en myself geniet. Ek het toe aangesluit by Stiehla Dance Studio en dans reeds vir die afgelope agt jaar hier,” het Zoë gesê. “Wanneer ek dans kan ek myself wees. Hier word ek nie geoordeel nie.”

Sy het vanaf 1 Augustus reeds 21 items gedoen tydens die Artium en twee diplomas ontvang, plus drie goud. Van hip-hop tot vasdans, het Zoë onder die knie.

Redenaars het ook Zoë se aandag getrek, en sy doen Engelse redenaars, waar sy die hoogste plek in die radikale redenaars verwerf het. Sy het ook onvoorbereide radikale redenaars gedoen in Afrikaans en het ’n diploma verwerf vir Engelse lees.

Die sportveld sien Zoë ook gereeld, waar sy gewigstoot en hoogspring doen op die atletiekbaan. Hokkie is ook een van haar liefdes, en hierdie jaar was sy eenkeer aangewys as ‘man of the match’.

Maar van al hierdie aktiwiteite, is dans haar groot liefde. Die sportbloed loop dik deur haar are, aangesien beide haar ouers baie lief was vir sport.

“My klein boetie doen ook MMA en hy is ook baie sportief,” het sy gesê.

Haar mikpunte vir hierdie jaar is om weer Victix Ludorum te wees vir Artium en ook weer met die danstrofee weg te stap. Sy mik ook hoog, wanneer sy op 8 November vanjaar aan die Suid- Afrikaanse kampioenskappe gaan deelneem.

“Ek wil wen met my dans die jaar.”

“Ek wil graag dankie sê vir my afrigter, Paul Steenkamp wat altyd by my staan en my ouma, Magda Kemp wat my help met my Afrikaans en Engels drama. Ook my ouers, wat altyd agter my staan en my boetie wat so opkyk na my en net altyd sy beste doen,” het Zoë afgesluit.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button