CrimeNews

SACCW-lede om elke hoek en draai

Die dae dat diewe rondloop, kies en keer oor wat hulle volgende wil steel, word in eMalahleni daagliks verwyder van die strate.

Die dae dat diewe rondloop, kies en keer oor wat hulle volgende wil steel, word in eMalahleni daagliks verwyder van die strate.

’n Verdagte is gevang deur lede van die South Africa Community Crime Watch (SACCW) in Bekkerstraat, Klipfontein nadat hy na bewering by ’n huis ingebreek het.

Die voorval het Dinsdag, 13 Junie plaasgevind, toe die huiseienaar so net na 13:00 by die huis aangekom het.

“Ek was saam ’n kollega en het gesien hoe spring iemand die oor die pallisades in die erf in. Ons het vinniger gery en die verdagtes het ons gesien en teruggespring. Die verdagte het klomp huise gespring tot in Steve Bantu Bikostraat en ons het teruggekeer huis toe,” het mnr. Luyanda Zwakala gesê.

Hy het bygevoeg dat die venster heeltemal uitgehaal was, nie gebreek nie. Die verdagte het op hierdie manier toegang tot die huis verkry en glo klere en skoene gesteel.


Die verdagte wat deur lede van die SACCW gevang is op Dinsdag, 13 Junie. Dit volg na ’n huisroof in Bekkerstraat (foto: verskaf).

Me. Maureen Scheepers van die SACCW het bygevoeg dat sy die oproep ontvang het en aangesien sy in die omgewing was ten tye van die oproep op hul Zello kanaal, gesê sy sal gaan kyk. Sy het rondgery in ’n poging om die man op te spoor.

“Ek het ’n man gesien, ’n paar strate af met ’n swaar sak wat hy nie kon dra nie. Hy het dit gesleep en ek het agter hom aangery. Ek het vir mnr. Frik van Dyk laat weet en hy het voor die verdagte gestop. Met die, het die verdagte die sak gelos en begin hardloop,” het Scheepers gesê.

Ook het sy bygevoeg dat die verdagte in ’n erf ingehardloop het in Pienaarstraat en hier het Van Dyk die man getakel.

Die verdagte is later in hegtenis geneem en al die gesteelde goedere is teruggekry.

Net soos die stof gaan lê het na die eerste takel het die SACCW weer toegesak na ’n inwoner wat paraat was en hul reaksie-lede in kennis gestel het van ’n verdagte man wat heel waarskynlik ’n gesteelde fiets by hom het op 21 Junie.


Die verdagte is vasgekeer deur lede van die SACCW en die SAPD na ’n huisinbraak op Dinsdag, 26 Junie. (foto: verskaf).

In ’n oogwink was Modelpark se strate afgekamp met reaksie-lede van die buurtwag en die verdagte oorrompel. In sy besit het mnr. Hendrik Engelbrecht en Rudi Botha gesteelde goedere gekry asook ’n apparaat wat gebruik word vir dwelms. Die boef is oor gegee aan die polisie en die gesteelde goedere is terug besorg aan die eienaars.

Twee verdagtes was nog skaars in die tronk toe nog ’n booswig sy verskyning maak in die residensiële gebied. Op 26 Junie is gesamentlike sukses deur SACCW en SAPD Witbank bemeester en weereens gewys om saam te werk maak ’n groot verskil.

“’n Verdagte is in ‘n digte veld gejaag omdat hy dit slim gedink het om weg te probeer kom van die gereg,” het Scheepers gesê.

Die boef het glo suukies ’n glasvenster by ’n inwoner se huis uitgehaal in Panoramastraat toe een van die buurwag-lede se vrouens hom opmerk en dit dadelik op die Zello kanaal om hulp gevra mnr. Frik van Dyk het ’n groot aantal SACCW-operasionele lede laat saamkom in die gebied waar die verdagte laas opgespoor is. SAPD is in kennis gestel en twee SAPD-voertuie het binne enkele minute aangekom om die soektog te help.

“Die verdagte het in die digtige bos tussen Highveld Park en Die Heuwel x4 wegkruip. Die verdagte het besef dat die gebied heeltemal omring is, en steeds probeer wegkom maar direk in twee SAPD-lede sowel as een van die SACCW-lede vasgehardloop. Hy is onmiddellik gevang en in hegtenis geneem,” het mnr. van Dyk vertel.

“Ons wil net dankie sê vir al die reaksie lede wat altyd help en ’n groot dankie aan die inwoners wat al hierdie klein verdagte goed in eMalahleni aanmeld. As die hele gemeenskap hul deel kan gee, is ons dorp een van die dae weer op ’n goeie spoor en dit kan net gedoen word met getalle,” het David Wessels gesê.

Van die SAPD-taakspan se kant af, is die werk wat die gemeenskap tot dusver gedoen het, “fantasties!” het die woordvoerder van Witbank Polisie, sgt. David Ratau ten slotte gesê.

Om deel te raak by jou SACCW-buurtwag skakel gerus in op hul Zello kanaal: https://zello.com/SACCW.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/94702/saccw-vang-een-verdagte-na-huisroof/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/66018/rower-gevang-in-springvalley/

Back to top button