MunicipalNews

Afgekapte bome, ’n huis vir rotte en gemors

“Asseblief skakel môre weer,” is al terugvoer wat ’n moedelose gesin kry van die munisipaliteit oor hul dienslewering.

“Asseblief skakel môre weer,” is al terugvoer wat ’n moedelose gesin kry van die munisipaliteit oor hul dienslewering.

Volgens inwoners van ’n huis in Tasbetpark het die munisipaliteit in Februarie twee bome op hul sypaadjie kom afsny en die stompe net so gelos.

“Die gemors word nou ’n broeiplek vir rotte en ander inwoners se vullis,” het die vrou gesê.

Die rede vir die twee bome om afgekap te word was glo om skuilplek vir kriminele te verminder in die area.


Die gemors wat die munisipaliteit in Februarie voor ’n inwoner se huis gelos het hoop nou op en munisipale werkers weier om skoon te maak.

“Ek het gevra dat die bome afgekap word, maar darem gedink hulle sal die stompe verwyder, maar toe ek hulle vra of hulle dit gaan wegsleep sê een van die sewe werkers so ewe vir my dat dit ’n private aangeleentheid is en dat ons hulle moet betaal om dit te verwyder,” het die vrou verduidelik.

Verder het sy vertel dat sy talle kere al probeer het om die gemors op te los, maar word of weggewys of gesê sy moet dit self verwyder.

“Ons kan nie die hoop vullis en takke aan die brand steek nie omdat daar ’n kragboks net langs die hoop is.”

Die munisipale bestuurder, mnr. Theo van Vuuren het voor druktyd geen kommentaar gehad nie.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/51810/inwoners-raak-vies-oor-vullis/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/7941/gevaarlike-vullis-verwyder/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button