CrimeNews

BMW bende teiken Ben Fleur

’n Groep mans in ’n blou BMW was die afgelope naweek baie woelig in Ben Fleur.

’n Groep mans in ’n blou BMW was die afgelope naweek baie woelig in Ben Fleur.

Daar is Saterdag op 29 April op De Figueiredo gesin geskiet toe me. Laetitia de Figueiredo die rowers gekonfronteer het nadat hulle in haar buurvrou se huis ingebreek het.
Gelukkig is niemand raakgeskiet nie.

Die rowers het die volgende dag in mnr. Jacques Bruyns se huis, net ’n entjie vanwaar die voorval die vorige dag plaasgevind het, ingebreek.

Hier is hulle op ’n sekuriteitskamera opgeneem.

As jy die blou BMW opmerk skakel dadelik die polisie op 10111 of 013 655 5000.
Wees uiters versigtig, die verdagtes is gewapen.

Lees die volle berig Vrydag 5 Mei in WITBANK NUUS.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button