Local newsNews

Leef met hart en siel

Christine is die redakteur van die aanlyn-tydskrif ‘Leef’

’n Damesoggend ten bate van Nathan O’Grady word binnekort aangebied.

Die damesoggend word op 5 Mei by die Agape-saal in Pioneersstraat in Uitbreiding 16 gehou.

Kostes beloop R150 per persoon en dit sluit verversings en ’n geskenkie in.

Die gasspreker die oggend is Christine Ferreira. Christine is die redakteur van die aanlyn-tydskrif ‘Leef’. Die tydskrif is vir gelowige vroue wat die mooi in die lewe geniet,

“Ons glo in die belangrikheid van balans, om tyd te maak vir God, jouself en ander. Ons vier mekaar se kreatiwiteit en uniekheid en kies om lief te hê en te Lééf – met hart en siel!” is die boodskap op hul webtuiste.

Skakel Charmaine Meyer: 079 373 3299 of Corrie Schoeman: 072 024 9545 vir kaartjies.

Back to top button