CrimeNews

Verkragtings neem daagliks toe

Meer en meer verkragtings word weekliks aangemeld

Nog twee verkragtings is by Witbank Polisiee aangemeld die afgelope week.

Meer en meer verkragtings word weekliks aangemeld en al hoe meer vrouens en veral jong meisies se lewens word verwoes.

Die eerste voorval het op 31 Maart gebeur toe ’n ma glo haar twee dogters na ’n partytjie in die Tasbetpark omgewing gevat het. Daar word beweer dat die jongste dogter (15) na die partytjie aan haar ma vertel het dat sy verkrag is deur een van die seuns by die partytjie.

Die meisie het glo saam die verdagte gekuier toe hy haar gevra het om na sy woonstel te stap wat net oorkant die pad is.

Met aankoms by sy woonstel het die twee glo begin soen en op die bed gaan lê. Die slagoffer het verder beweer dat die verdagte haar hemp begin uittrek het, waarop sy vir hom gesê het sy nie so ver wil gaan nie. Hy het bly ignoreer en net aangegaan. Volgens die slagoffer se ma het haar dogter gesê dat die hele voorval vinnig gebeur het en baie pyn veroorsaak het.

In ’n ander voorval op 1 April het die slagoffer beweer sy het alleen geloop op die Duvha/Bethalpad toe sy ’n harde slag teen haar kop voel gevoel het. Sy het geval en het haar bewussyn verloor. Toe sy bykom het die verdagte glo op haar gesit en sy het weer haar bewussyn verloor. Sy het na ’n hele ruk volgens haar wakker geword met haar broek uitgetrek en haar selfoon weg. Sy het dadelik vir hulp gaan soek en die saak by die polisie gaan aanmeld.

Woordvoerder van Witbank Polisie, kaptein Eddie Hall het noodsaaklike wenke aan die publiek gegee.

“Die publiek, veral vrouee moet in sitsuasies soos om alleen te loop in die donker of saam iemand onbekend na ’n plek te gaan, vermy. Maak jou stem dik en sê nee. Moet nie enige drankies by onbekendes vat nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button