CrimeNews

Dwelms en drank op polisie se lysie

Witbank Polisie het die afgelope week talle arrestasies gemaak in verband met dwelms en drank.

Witbank Polisie het die afgelope week talle arrestasies gemaak in verband met dwelms en drank.
Op 28 Februarie in Impalastraat het huismoles na bewering plaasgevind.

Polisie is ontbied en is met hul aankoms in kennis gestel deur die vrou van die verdagte dat hy haar glo aangerand het terwyl hy op onder die invloed van dwelms en drank was.

Hulle het die woonplek van die verdagte ingegaan en hom op sy bed gekry waar hy aan die slaap was. Op sy bedkassie is daar drie vuurhoutjieboksies gevind na die verdagte se vrou dit uitgewys het.
Daar was glo dagga in die boksies en die man is wakker gemaak en gearresteer.


Die dagga wat deur die afgelope week gekonfiskeer is deur Witbank Polisie.

Soos ’n nuwe maand begin op 1 Maart het ’n polisiebeampte wat op diens was ’n baie angstige verdagte uitgeken by ’n parkeerterrein in Tasbetpark. Hy is deursoek en verskeie deursigtige sakkies met dwelms is aan hom gevind.

“Die publiek moet kennis neem dat die besit van dagga, ongeag die hoeveelheid steeds teen die dwelmwet is,” het die woordvoerder van Witbank Polisiestasie, kaptein Eddie Hall gesê.

Brigadier Delisewa Motha, het beide dwelmgebruikers en handelaars gewaarsku dat hul dae getel is en dat daar elke week dwelms van die strate afgehaal sal word tot eMalahleni dwelmvry is.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/73704/dagga-in-die-gatsak/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/87992/dag-na-dag-se-ondersoek-lei-na-pakke-dagga/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button