Local newsNews

Insleepdienste vat die pad oor

Hierdie probleem al aangespreek en daar is geglo dat dit onder beheer gebring is in eMalahleni.

’n Pasiënt moes noodgedwonge ver loop om by die ambulans uit te kom na ’n ongeluk op die N4- snelweg.

Die ongeluk het op Maandag, 27 Februarie plaasgevind waarby twee voertuie op hul kante beland het. Menige insleepdienste was op die toneel, en het in twee bane van die snelweg gestop en die derde baan was gebruik vir die verkeer om verby te beweeg.

Insittendes van die Toyota Hilux was beseer asook van die Isuzu, maar voertuie van die insleepdienste het dit onmoontlik gemaak vir ambulanse om nader aan die betrokke voertuie te beweeg.


’n Ongelukstoneel waar paramedici nie met die ambulans by pasiënte kon uitkom nie, omdat insleepdienste twee bane op die snelweg vol stop.

Volgens mnr. Michael de Lange, voorsitter van Mpumalanga RIMS (Road Incident Management Services), is hierdie probleem al aangespreek en daar is geglo dat dit onder beheer gebring is in eMalahleni. Hy het gesê dat insleepdienste ’n prosedure moet volg, en ongeveer 50m vanaf die ongelukstoneel moet parkeer, aan die kant van die pad. Ook dat hul rotasieligte aan moet wees en hulle dan moet wag vir die koördineerder om hul na die toneel te roep.

Hy het ook gesê dat die RIMS-prosedures gevolg moet word en dat hierdie sisteem binnekort in die padverkeer reëls ingesluit gaan word, om te verseker dat oortreders aangespreek word.

“Ons het ’n prosedure waar nooddienste na ’n toneel ontbied word, ten tye van ’n ongeluk of iets soortgelyk. Tans is insleepdienste nie op hierdie lys nie, maar ons werk nog daaraan om sekere insleepdienste in sekere gebiede te hê. Hopelik kan hierdie ook ’n oplossing bied vir die probleem,” het hy gesê.

LEES OOK:

https://www.citizen.co.za/witbank-news/63146/reddingspoging-raak-harte/

https://www.citizen.co.za/witbank-news/54936/trok-val-om-in-or-tambo/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button