CrimeNews

Gewapende rowe eis sy tol

Hierdie week het gewapende rooftogte sy merk gelos toe drie sake by die Witbank Polisie aangemeld is.

Hierdie week het gewapende rooftogte sy merk gelos toe drie sake by die Witbank Polisie aangemeld is.

Op Vrydag, 20 Januarie het een van die slagoffers van die gimnasium af geloop toe hy deur drie mans voorgekeer was. Een het na bewering ’n vuurwapen in sy rigting gewys en hulle het sy selfoon, beursie en bankkaarte gesteel, asook sy skootrekenaar.

Op Donderdag, 19 Januarie was nog ’n man aangeval toe hy in sy voertuig geklim het, en glo al die deure gesluit het. Hy het aan polisie vertel dat hy ’n man met ’n mes gewaar het, en nog ’n man by die passasierdeur wie sy selfoon gevat het. Hy het ook aan die polisie vertel dat die mans aan hom gesê het om stil te sit, en hulle het daarna weggehardloop.

Nog ’n man was op Woensdag, 18 Januarie aangeval, toe hy uit ’n klerewinkel gestap het na sy kar toe. Hy het aan polisie vertel dat ’n onbekende man ’n mes in sy rigting gewys het, en gedreig het om hom te steek daarmee. Sy selfoon is in die proses gesteel.

Geen slagoffers was tydens druktyd beskikbaar vir kommentaar nie en die sake word steeds ondersoek deur die Witbank Polisie.

LEES OOK:
Ses jaar agter tralies vir gewapende roof
Gewapende mans dring neer op geld by munisipaliteit

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button