EntertainmentLifestyle

Wen met Lapa!

Lapa Uitgewers het hande gevat met WITBANK NUUS om lesers ’n bietjie te bederf net so voor Kersfees.

Lapa Uitgewers het hande gevat met WITBANK NUUS om lesers ’n bietjie te bederf net so voor Kersfees.

Dis altyd lekker om te lag en met die saamgestelde boek deur Ian wessels, Genade! EdeLAGbare: Humor en die hof.
Hierin oortref Ian en die RSG-luisteraars hulself met lekkerlag en lekkerlees hofhumor. Regters, landdroste, staatsaanklaers, advokate, prokureurs, tolke, polisiemanne, spietkops, maatskaplike werkers, getuies en almal wat al paaie met die hof gekruis het, is gewillige ‘slagoffers’ van dié skreeusnaakse bydraes.

Ian se doel was om ’n humoristiese werk, met behulp van RSG-luisteraars se bydraes, saam te stel. Sommige bydraes laat vergange tye van polisiepatrollies te perd of te fiets herleef, terwyl ander met deernis kyk na dié mense vir wie die reguit paadjie of ‘de smalle weg’ darem net te eentonig is.

Uittreksel: ’n Boer se bakkie word gesteel, maar die prokureur karnuffel hom so onder kruisverhoor dat hy later vir sy vrou vertel:

“Gaats, Mammie, ek was later nie eers meer seker of ek ooit ’n bakkie gehad het nie!”

Die Vrouekeur kreatiewe en inspirerende jaarbeplanner is net so ’n populêre geskenk.

Vrouekeur is ’n populêre gesinstydskrif wat elke week ’n inspirerende rubriek deur Janine Bevolo-Manders publiseer. Die rubrieke het ’n Christelike inslag en bied raad, hoop en inspirasie. Die Vrouekeur kreatiewe en inspirerende jaarbeplanner bestaan uit ’n versameling van Janine se boodskappe, verpak in die vorm van ’n nuttige jaarbeplanner met oorspronklike illustrasies deur Rina Burger, ’n plaaslike kunstenaar, en illustreerder van die blitsverkoper Rouge, inkleurboek vir grootmense.

Vroue kan boek hou van hulle afsprake, inspirasie put uit Janine se praktiese raad en lekker sit en inkleur wanneer daar ’n los oomblik is.

Dames dan is daar ’n moet hê.
Doen dit wéér só, is nog ’n samestelling uit Vrouekeur-tydskrif se gewilde wenkerubriek. Die wenwenke kom weer uit lesers se penne. Van regoor die land kom hulle – briewe met die beste wenke; kure vir kwinte en kwale en raad vir allerlei probleme in die huis, van motte, miere, miet en muf tot raad vir ’n skoon matras, spogkoeke en ’n skottelgoedwasser wat soos ’n splinternuwe sikspens lyk en ruik.

Die idee is om so min produkte as moontlik vir so veel take as moontlik in te span.
Die vorige boek, Doen dit só, het 22 keer die Nielsen top 100 gehaal, so gewild was dit. Hierdie een behoort ook weer van die rakke te vlieg.

Die boek is saamgestel deur Zerelda Esterhuizen.

Lesers kan eksemplare van die boeke wen deur hul naam en kontaknommer met die woord ‘Lapa’ in die onderwerplyn te stuur na zita@witbanknews.co.za.
Die kompetisie sluit Dinsdag 29 November om 12:00. Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button