School sportSport

HTS atlete is tops in die top 20

Daar het 43 van die land se top atletiek skole deelgeneem en die byeenkoms kan gereken word as ‘n mini SA’s omdat meeste van die atlete SA atlete is. HTS Witbank se seuns span het 14de geëindig wat ‘n groot prestasie is.

Hoër Tegniese Skool se atlete het die afgelope naweek in Naboomspruit by Hoërskool Hans Strydom aan die Top 20 atletiek deelneem.

Op 14 en 15 Oktober het HTS weereens bewys dat hulle saam met die top skole in die land gereken kan word met ‘n gesamentlike punt van 16358 op die ABSA punt tabel.

Daar het 43 van die land se top atletiek skole deelgeneem en die byeenkoms kan gereken word as ‘n mini SA’s omdat meeste van die atlete SA atlete is. HTS Witbank se seuns span het 14de geëindig wat ‘n groot prestasie is.

at364rs
Alec Vermaak en Pieter Kunz.

Ons uitblink atlete vir die dag was Alec Vermaak met ‘n vierde plek in 100m hekkies en het 837 punte op die ABSA tabel en ‘n derde plek in 300m hekkies met 1146 punte die hoogste punt op die ABSA tabel vir die dag per item behaal in HTS se span.

Pieter Kunz het weereens bewys dat hy ‘n top atleet is, hy het in die 200m tweede plek behaal met ‘n tyd van 21.68 en 1000 punt en in sy 400m het hy eerste plek behaal met ‘n tyd van 48.61 en 1064 punte op die ABSA tabel.
So aan die begin van ‘n nuwe seisoen was daar puik atletiek en dit maak ons opgewonde vir die 2017 seisoen.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button