Local newsNews

Vrou kritiek na brand haar oorval

Sy het derdegraadse brandwonde oor 80% van haar liggaam opgedoen.

’n Weghol brand het gister verwoesting op Balmoral gesaai.

Me. Alna Nortje is tans in Life Cosmos Hospitaal se Intensiewe Sorgeenheid. Sy het derdegraadse brandwonde oor 80% van haar liggaam opgedoen.

IMG-20161006-WA0006

IMG-20161006-WA0007

Mnr. Edwin Clark se huis het tot op die grond afgebrand.

Dit blyk of die brand op 5 Oktober omstreeks 14:00 langs die N4 snelweg wes van Balmoral ontstaan het.
Nortje is bekend vir haar kosstalletjie, Autumn Leaves op die plot waar hulle op Balmoral woon.

Daar is reeds begin om noodvoorraad bymekaar te maak vir diegene wat deur die brand geraak is.
Indien jy wil help of iets bydra Whatsapp me. Vasti du Preez op 083 225 8777.

LEES OOK:
Bus begin net brand
Brand verwoes lapa in Kriel

Check Also
Close
Back to top button