CrimeNews

Witbank Dam slagoffer van diefstal

Kort na middernag het sewe mans kontant en selfone gesteel

Witbank Dam is deurgeloop op Maandag, 5 September. Kort na middernag het sewe mans kontant en selfone gesteel.

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat twee mans die hekke by die dam wou ingaan, toe daar ’n stokkie voor gesteek is, aangesien almal ’n permit moet hê, of die verlange fooi moet betaal. Die rede hiervoor was dat die verdagtes ’n vriend moes uit help met ’n pap wiel in die dam area.

Na hul toegang geweier is, het die verdagtes ’n geweer uitgehaal en die slagoffer en sy kollega se hande en voete met kabelbande vasgemaak, en hul na bewering ook geslaan. Die verdagtes het vir vuurwapens gevra, en aangesien die slagoffers niks gehad het nie, het die verdagtes selfone en al die kontant gesteel. Hulle is daarna weer in hul voertuig weg.

Geen arrestasies is nog gemaak in verband met hierdie saak nie, en geen slagoffers was beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

LEES OOK:
Kort na middernag het sewe mans kontant en selfone gesteel
Ses jaar agter tralies vir gewapende roof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button