Local newsNews

Bus begin net brand

Eers toe sy begin rook ruik, het die bestuurder van ’n bus besef dis die bus wat aan die brand is.

Eers toe sy begin rook ruik, het die bestuurder van ’n bus besef dis die bus wat aan die brand is.
Die voorval het Donderdag 11 Augustus op die N4 snelweg naby die Walter Sisulu-afrit plaasgevind

“Ons het gesien hoe die bus begin vlamvat en toe ontplof,” het die paramedikus van die ambulansdienste, Lauren de Swardt bevestig.

CV427ars
Die bus wat Donderdag 11 Augustus aan die brand geraak het, word geblus deur eMalahleni se brandweermanne.

“Ek het nog gery en toe begin ek sterk rook ruik. Ek het toe die Walter Sisulu-afrit geneem en afgetrek. Toe ek uit die bus uitklim besef ek dat dit hy is wat brand,” het die busdrywer gesê.

Daar was gelukkig geen ander insittendes in die bus nie en die drywer het geen beserings opgedoen nie.
Net enkele minute na die voorval was eMalahleni Brandweerdienste op die toneel om die vuur te blus.

CV427brs
Lauren de Swardt van ER Ambulansdienste besig om hulp te verleen op die toneel waar ’n bus gebrand het Donderdag 11 Augustus.

“Ek kan nie glo alles het so vinnig gebeur nie. Ek was skaars uit die bus uit toe ontplof al die vensters en wiele,” het die drywer geskok vertel.

Dit is nog nie bekend wat die oorsaak van die brand was nie, maar ’n ondersoek daarna is gelas.

LEES OOK:
Bus bursts into flames on N4
Protestors on N4 set fire to bus (Video)

Check Also
Close
Back to top button