BlogsOpinion

Waar is sy mojo?

Die gesegde lui: ‘nuwe besems vee die skoonste’.

Dié nuwe besem in die vorm van die stad se ‘Mr Fix-it’ het blinkskoon gevee, selfs die ou spinnerakke verwyder en hier en daar ook sommer oliekolle aangepak en sonder enige skoonmaakmiddels weggevee.

Ons is nou al 10 maande onder die nuwe besem en oral oor sien ek waar die besem mis vee.
Die meubels word nie meer weggeskuif nie, daar word om die matte gevee en hier en daar maak spinnerakke nuwe tuistes so reg in die hoek.

Nou vra ek die vraag, het ‘Mnr Fix-it’ sy mojo verloor. Het hy sy vermoë verloor om my en jou te oortuig dat alles onder beheer is?
In die begin, skuins nadat hy deur die distrik munisipaliteit aangestel is, het hy inwoners in vervoering gehad met sy terugvoer oor die dienslewering belemmerings.

‘Gift of the gap’ noem die Engelsman dit.
Ons is al op pad om die ‘bubbly’ uit te haal en die eerste jaar onder administrasie te vier, maar die dienslewering belemmerings is nog steeds ’n hindernisbaan.

Ons het groter slaggate as ’n jaar terug, ons het meer kragonderbrekings en droë krane as gister.
‘Mr Fix-it’ het in die begin soos ’n geleerde professor geklink en sy pogings om die munisipaliteit van ondergang te red is met ope arms verwelkom. Maar dieselfde storie om die publiek in te lig oor die huidige stand van sake raak saai.
Op die stadium is Emalahleni ‘shagedelic, baby, really switched on and smashing!’

Voordat almal opgewonde raak, ek deel nie komplimente uit nie. Met ‘smashing’ verwys ek nou na elke keer as ek een van my motor se bande in ’n slaggat ‘smash’ met ‘switched on’ bedoel ek baie sarkasties na die lang donker aande wanneer ek die gasstofie moet inspan om aandete te maak, oor die woord ‘shagedelic’ gaan ek my nie eers uitlaat nie dit laat ek aan ons lesers se verbeelding oor.

“Oh, behave baby!” is ook al wat die Engelsman seg.

You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button