CrimeNews

Gepeuter tot verkragting

Die werklikheid van verkragting staar ’n gesin in die oë na hul dogter glo menigte kere verkrag is.

Die werklikheid van verkragting staar ’n gesin in die oë na hul dogter glo menigte kere verkrag is.

Op 13 Julie het die 13 jarige meisie uiteindelik haar stilte gebreek nadat sy beweer het dat sy sedert 2014 deur een van haar ouers se huisvriende verkrag is.

Volgens die kind het dit begin by gesellighede by die verdagte se huis. Verder word beweer dat die volwasse man eers met die minderjarige meisie begin peuter het en dat dit vinnig gelei het na verkragting.

Jaarliks word daar optogte teen geweld en misbruik teen vrouens en kinders gehou. In 2015 het statistieke bewys dat een uit vyf vrouens, insluitende kinders seksueel misbruik word en dit nie oorgee aan die polisie nie.

Die woordvoerder van Witbank Polisie Stasie, kapt. Eddie Hall het gesê,

“Seksuele misdrywe met minderjariges is ’n groot prioriteit vir die polisie en daar is selfs ’n eenheid wat net spesaliseer in die misdrywe. Die verdagtes skuldig daaraan moet weet dat hulle deur die gereg gestraf sal word al pleit hy of sy dat die slagoffer toestemming gegee het. Enige iemand onder die ouderdom van 16 jaar het nie die reg om toestemming te gee nie en dus sal dit as ’n erenstige misdaad aanskou word vir die skuldige.”

Volgens ’n BBC berig in 2002 wat gepubliseer is, beweer dat ’n meisie wat in Suid-Afrika gebore word ’n groter kans staan om verkrag te word as om te leer lees.

“Die belangrikste ding wat enige vrou of minderjarige moet doen is om vroeg genoeg na vore te kom dat die polisie meer effektief kan optree,” het kapt. Hall ten slotte gesê.

READ ALSO:
Man facing rape charges appears in court
Rape victim jumps out of window to escape

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button