CrimeNews

Boewe vang sy baas na drie probeerslae

Boewe breek twee keer in by dieselfde besigheid, eerste keer om uit te lok en die tweede keer om te steel, ’n uur uit mekaar.

Boewe breek twee keer in by dieselfde besigheid, eerste keer om uit te lok en die tweede keer om te steel, ’n uur uit mekaar.

Met die toename in besigheidsrooftogte en inbrake staan brig. Delisiwe Goodness Motha met haar blou span teen hierdie booswigte.

Op Donderdag 7 Julie, soos ’n nuwe dag aangebreek het, het drie diewe liewer die nuwe dag aangepak om by ’n bekende besigheid in te breek.

“Dit was twee minute voor middernag toe ek wakker geword het deur my telefoon wat gelui het. Ek het ’n oproep van my sekuriteitsmaatskappy gekry om my in kennis te stel van die alarm wat afgegaan het by my besigheid. Verder het die sekuriteitswag vir my gesê hy het gaan kyk en alles was in orde,” het die eienaar, mnr. André Becker gesê.

Daar is net ses weke van tevore ingebreek by die besigheid en die oproep het vir Becker onrustig gelaat.

“Na die eerste inbraak het ek al my sekuriteits kameras vervang met die nuutste en beste stelsels, wat my die mag gee om te kyk wat in my winkel aangaan in die gemak van my eie huis,” het hy aangedui.

Net ’n uur na die eerste oproep is hy deur een van sy kontakte, wat wens om anoniem te bly gewaarsku dat daar beweging in die winkel is.

“Toe ek daar aankom het dit gelyk soos New York met al die ligte van die polisie en is toe gesê dat die SAPD die boewe op heterdaad betrap het met ’n onwettige vuurwapen. Dit net agter op die terrein,” het Becker by gesê.

Dit word sterk vermoed deur beide die eienaar en polisie dat die verdagtes wat gearresteer is weens die onwettige wapens ook die diewe was wat ingebreek het. Hulle is vermoedelik ook deel van ’n sindikaat wat fokus op besighede.

“Wat my dit laat vermoed is die feit dat elke keer wat hier ingebreek word, die boewe ingang verkry deur dieselfde plek. Op my sekuriteits kameras wys dit dat die outjies geweet het waar alles is en eers heel lekker rond gewandel het in die winkel. Die alarm se drade is die tweede keer mors af gesny,” het hy ook bygevoeg.

Daar is glo nog geen dossier oopgemaak vir diefstal nie maar die verdagtes is steeds in die polisie se bewaring.

“Hierdie was ’n goedkoop rondte. Hulle het met amper niks weggekom nie maar is darem gevang,” het Becker gesê.

Daar word verder vermoed dat die verdagtes die eerste keer die winkel betree het om aandag te trek en die tweede keer om met hul operasie aan te gaan. Die verdagtes het die kluis ook probeer oopslaan met ’n 14 pond hammer maar kon nie slaag nie.

“Die respek wat ek gekry het vir die polisie wat daardie aand so vinnig en briljant opgetree het, is groot. Al wat ek kan sê is baie dankie vir hulle uitstekende werk. Maar ek wens ek kon dit ook van die administratiewe afdeling by die polisie sê.”

Die woordvoerder van Witbank Polisie Stasie, kapt. Eddie Hall sê,

“die brigadier is baie ingestel op hierdie toename in besigheidsrowe en inbrake en sal dit nie verder duld nie. Ons polisie manne se vinnige optrede was fantasties en as dit so aangaan sal ons binnekort agter alles kom.”

LEES OOK:
Inbraak na toemaaktyd
Inbraak kos duisende

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button