Local newsNews

ATKV hou geselligheid vir bejaardes

Bykans ’n 100 bejaardes was teenwoordig by ’n geselligheid wat spesiaal gereël is deur die Afrikaanse Taal-en Kultuurvereniging se plaaslike tak.

Die funksie is gehou op Saterdag 25 Januarie en word jaarliks aangebied om vir die bejaardes erkenning te gee vir hulle bydraes in die verlede en om ’n blyk van waardering aan hulle te toon.

Bejaardes van Edenpark Aftreeoord, Immergroen Ouetehuis en nie-inwonende bejaardes het die geleentheid bygewoon. Hulle is getrakteer op sang deur Letichea Oosthuizen, gedramatiseerde poësie deur Jo Spoelstra, saksofoon-spel deur Marlize Wolmarans, asook voorlesing deur Magda Wolmarans, wat baie aanklank gevind het by die aanwesiges.

Tydens die geleentheid is ’n sertifikaat aan mnr. Pieter Els (85) oorhandig wat reeds 60 jaar lid is van die ATKV. Hy het steeds bewys van sy eerste lidmaatskapkaart wat hy van die ATKV ontvang het. Tydens ’n spreekbeurt het hy sy vrou, asook ander  vrouens bedank dat hulle verantwoordelik was vir die opvoeding van hulle kinders wanneer die mans wat destyds almal in diens van die Spoorweë was en lang ure weg van die huis was, vir hulle opoffering.

Elkeen teenwoordig het ’n klein geskenkie van die ATKV ontvang en is daarna getrakteer op heerlike eet- en drinkgoed.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Back to top button