CrimeNews

‘Payday’ vir beide rowers en inwoners

Die dorp is gewoonlik ’n malnes die einde van die maand, toue van onbekende gesigte by elke winkelsentrum.

Die dorp is gewoonlik ’n malnes die einde van die maand, toue van onbekende gesigte by elke winkelsentrum.

Op Vrydag, 24 Junie het talle inwoners van eMalahleni hul hardverdiende geld gekry na ’n maand se werk, maar die rowers was reg om maklike geld uit te kry vir “payday” by onskuldige mense.

Mnr. Josef Makunda was een van die eerste slagoffer gewees toe hy die oggend douvoordag eers by ’n kitsbank gestop het om kontant oor te betaal vir sy dogter.

“Ek het net uit my voertuig geklim toe daar ’n blou BMW langs my stop en die verdagte in die BMW terselfdetyd as ek uitklim,” het Makunda gesê.

Die man het toe ’n vuurwapen teen Makunda gedruk en vir hom gesê hy moet die kontant wat hy op hom het vir hom gee en terugklim in sy voertuig. Makunda het gemaak soos daar vir hom gesê is. Daar was glo nog twee verdagtes in die blou voertuig.

“Die verdagtes het toe weggejaag met die BMW en my kontant. Maar wat ek steeds nie seker van is nie, is of die verdagtes my dopgehou het of geweet het van die kontant wat ek by my gedra het nie,” het Makunda gesê.

Net ‘n paar blokke en ’n uur uitmekaar was mnr. Gerhard Vosloo die volgende teiken. Vosloo was op pad om geld vir sy seuntjie se krieket toer te gaan trek toe hy rustig gewag het vir die persoon wat voor hom by die kitsbank was. Die man het toe klaargemaak en hy was volgende, toe hy sy kaart probeer insit het die kaart gesukkel om in te gaan en eweskielik het hy ’n harde voorwerp wat teen sy rug gedruk word, gevoel.

“Dis toe ’n kort man wat vlot Afrikaans praat en my hand met my kaart gegryp het en my bankkaart in die masjien druk en vir my sê ek moet my toegangskode intik,” het Vosloo gesê.

Die verdagte het toe Vosloo se geld en kaart gegryp en gesê dat Vosloo nie moet omdraai nie.

“Ek het wyl ek my beurt afgewag het ’n lang man langs my opgemerk maar niks daarvan gedink nie. Dis toe die voorval klaar gebeur het dat die lang man vir my gewys het dat die verdagte om die draai gehardloop het en ek is in daardie rigting in. Maar kon hom nie kry nie,” het Vosloo ook gesê.

Vosloo het toe ’n kennisgewing van sy bank ontvang dat daar net enkele minute na die eerste ontrekking gemaak is, nog een in die teenoorgestelde kant van die winkelsentrum gemaak is.

“Terwyl ek my bank probeer kontak het om my kaart te stop het nog ’n ontrekking in dieselfde sentrum plaasgevind. Ek het om elke hoek en draai daardie verdagte gesoek maar kon hom nie opspoor nie,” het hy ook gesê.

Terwyl Vosloo besig was om ’n verklaring af te lê by Witbank Polisiestasie was daar drie verdagtes met dieselfde voorkoms as dié wat Vosloo besteel het, maar hulle kon nie gearresteer word weens te min bewyse. Die polisie is steeds besig om die saak te ondersoek.

“Dit maak my net kwaad dat hierdie booswigte in enkele minute van jou vat waarvoor jy vir ’n maand jouself afsloof,” het Vosloo ten slotte gesê.

LEES OOK:
Suspect caught on camera for ATM fraud and theft
Bombed but nothing stolen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button