CrimeNews

Onderwyser gearresteer

Die onderwyser is op Vrydag 10 Junie gearresteer nadat ’n klag van verkragting teen hom gemaak is deur ’n 18-jarige leerder van die skool waar hy skool gee.

’n Onderwyser van ’n plaaslike skool is verlede week in hegtenis geneem.
Die onderwyser is op Vrydag 10 Junie gearresteer nadat ’n klag van verkragting teen hom gemaak is deur ’n 18-jarige leerder van die skool waar hy skool gee.

Die meisie beweer dat die onderwyser haar die vorige aand ’n saamrygeleentheid huis toe aangebied het.
Sy het in ’n verklaring aan die polisie gesê die onderwyser het eers sy kollega afgelaai en toe by ’n drankwinkel gestop en ’n bottel sjerrie gekoop.

Hulle is toe glo na die onderwyser se huis, waar hulle blykbaar van die sjerrie gedrink het.
Die meisie het aan die polisie gesê sy het glo die onderwyser se hand op haar bors gevoel en dat hy na bewering seksueel met haar verkeer het.

Die onderwyser het Maandag 13 Junie in Witbank Landdroshof verskyn.
Die saak is vir sewe dae uitgestel vir verdere ondersoek.
Die man is borgtog geweier.

Die voorsitter van die skool se beheerliggaam, mnr. Jaap Venter het gesê die Mpumalanga Onderwys Departement is dadelik in kennis gestel sodat die nodige maatreëls deur die departement toegepas kan word.

Die onderwyser en die meisie word anoniem gehou omdat hierdie ’n sedeklag is. By ’n sedeklag mag die beskuldigde se naam slegs genoem word nadat hy gepleit het, en slegs as die identiteit van die slagoffer nie daardeur bekend gemaak word nie.

READ ALSO:
Audio: Listen to a teacher calling a parent, ‘baboon’Three suspended from school

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button