CrimeNews

Rowers neem besighede oor

“Hy het die geweer teen my maag gedruk en vir my gesê ek moet al die kontant van my winkel vir hom gee”

Deesdae is dit rowers se besigheid om ander besighede een vir een te roof.
Vir ’n geruime tyd is klein besighede die beste teiken vir rowers.

Die afgelope week het nog twee eienaars van klein besighede hulself vasgestaar in ’n vuurwapen toe beide besighede net enkele ure uitmekaar geroof is.

Op Vrydag 3 Junie net voor middernag is mnr. Salim Tariq en sy broer wakker gemaak deur twee gewapende mans in Tariq se winkel.

“Hulle het ’n vuurwapen op ons gerig en net heeltyd gevra vir kontant,” het Tariq gesê.

Die twee broers het toe al hulle kontant, ter waarde van R8 0000 oorhandig aan die rowers.
Die rowers het voordat hul gevlug het Tariq se sekuriteitskamera gebreek en die winkel verlaat.

In die tweede voorval wat op 4 Junie vroegoggend plaasgevind het soos wat die winkels net begin oopmaak, het mnr. Duad Elmi se Saterdag uiters sleg begin toe ’n gewapende man hom verras het met die oopsluit van sy winkel in die SBG (Sentrale Besigheids Gebied).

“Hy het die geweer teen my maag gedruk en vir my gesê ek moet al die kontant van my winkel vir hom gee,” het Elmi gesê.

Aangesien dit die begin van die dag was het Elmi nie juis baie kontant byderhand gehad nie maar net ’n klein bedrag kleinkasgeld. Die rower het die klein bietjie wat Elmi gehad het gevat en gevlug.

“Die rower het my nie seergemaak nie, maar ek was wel baie bang,” het Elmi ten slotte gesê.

LEES OOK:
Inbraak na toemaak tyd
Soveelste inbraak by besigheid

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button