CrimeLocal newsNewsUpdate

Marno sterk goed aan

Marno van Tonder (24) herstel goed na hy en sy boesemvriend, Hardus Truter (24) in ’n skietvoorval betrokke was.

Marno van Tonder (24) herstel goed na hy en sy boesemvriend, Hardus Truter (24) in ’n skietvoorval betrokke was.

“Die dokter het ongeveer 300mm van sy dikderm en ongeveer 500mm van sy dunderm verwyder. Hy het ook die klep tussen die dik- en dunderm verwyder, aangesien dit raakgeskiet was. Ek dink Marno se positiewe houding help ons almal hierdeur en die feit dat hy nou weer by die huis is. Hy is verlede Maandag uit die hospitaal ontslaan,” het me. Natasha van Tonder, Marno se ma, Maandag, 6 Junie gesê.

Sy het bygevoeg dat Marno se gemoed dit ook vir hul makliker maak, maar dat hy wel bietjie negatief was oor sy wond wat ontsteking gekry het. Sy het gesê dat dit soms gebeur, maar dat haar seun ook moet besef dat dit ’n lang herstelproses is.

Mc566-2rs
Hardus Truter (24) het met ’n skrapnel wond op sy voorkop weggestap nadat daar op hom en sy vriend geskiet is op Donderdag, 12 Mei op die ou-Middelburgpad.

“Hy raak nog moeg en loop nie so baie soos altyd nie, maar sy liggaam het tyd nodig om te herstel. Verder doen hy baie goed. Hy eet normaal, eintlik bietjie minder, maar meer gereeld,” het sy laggend vertel.

Natasha het bygelas dat die dokter ook baie tevrede is met Marno se vordering en dat hy slegs vier dae na die voorval oorgeskuif het vanuit die intensiewe-sorgeenheid na ’n gewone saal in Life Cosmos Hospitaal.

“Witbank Polisie het gebel en gesê dat hulle ons verlede Vrydag sou kom sien het, ons wag steeds. Maar wat die oorsaak was van die voorval weet ons steeds nie. Daar is soveel stories en bespiegelinge, maar niks is nog bewys nie,” het Natasha gesê.

Mc566-1rs
Marno van Tonder (24) sterk goed aan na daar op hom en sy vriend, Hardus Truter geskiet is, op Donderdag, 12 Mei. Die voorval het op die ou-Middelburgpad plaasgevind.

Marno en Hardus was in ’n skietvoorval betrokke op Donderdag, 12 Mei, omstreeks 23:00 op die ou-Middelburgpad. Hulle was op pad vanaf Middelburg om die aand by Hardus se pa in eMalahleni deur te bring, toe skote op hul losgebars het. Marno is na Life Cosmos Hospitaal se ongevalle geneem waar hy ’n operasie ondergaan het, nadat die koeël deur sy ingewande is en aan die anderkant uit. Hardus het slegs met ’n skrapnel wond op sy voorkop weggestap en was vir lank steeds in skok oor die gebeure.

“My kind leef, dinge kon erger gewees het, dit is al waarvoor ons op hierdie stadium dankbaar is. Hy doen wat hy moet en hy is besig om gesond te word,” het Natasha in dankbaarheid afgesluit.

LEES OOK:
‘Boef en by’ beseer in skiet voorval
Suspect allegedly shot two officials and one police officer (update)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button