NewsSchool sportSchoolsSport

HTS Rugby and Netball

HTS Sport presteer weereens!

HTS netbal doen dit weer

Die Hoër Tegnies Skool presteer weer bogemiddeld goed op die sportveld.
Die PUK-Prestige-reeks ontwikkel netbalvaardighede en kweek ook spangees.

at93rs
Ciska Brink in aksie.

HTS se eerstespan en die o.15A span presteer uitstekend.
Die ander spanne het almal hulle wedstryde ook gewen en puik netbal opgelewer.

HTS begin Mpumalanga-liga met volpunte

Die Hoër Tegnies Skool het hulle staal teen Hoërskool Bergvalm van Nelspruit gewys.
Op Saterdag, 30 April het al die Briljane Blou spanne teen hulle gewen.

Die o.14A span wen 24-10 met goeie vertonings van veral Alec Vermaak. Die o.15A span wen 28-8. Hulle lewer goeie samespel, in die tweede helfte het hulle die wedstryd total oorheers. Zander Marx op agtste man was die man van die wedstryd en het homself laat geld en is ook beloon met ‘n prag drie.

at95rs
Du Preez van der Merwe en Johan Badenhorst.

Die o.16A span het behoorlik die krane oopgedraai, met die voorspelers se oorheersing en ‘n wentelling van 55-17 aangeteken. Die tweede span het bewys dat HTS se senior spanne baie diepte het met ‘n weghol telling van 64-0. Bernard Janse van Rensburg het met een drie en vier keer oor die palle geskop sy span gehelp met hulle prag oorwinning.

Die Eerstespan het met ‘n begeesterde Bergvlam te doen gekry wat hulself deur goeie verdediging in die eerste helfte binne tref afstand van HTS kon hou, maar in die tweede helfte het HTS die oorhand gekry en hulle fiksheid het hulle verseker van ‘n 29-16 oorwinning.
HTS reis Saterdag 7 Mei na Secunda waar hulle teen Hoërskool Secunda gaan kragte meet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button