GeneralLocal newsNewsSport

‘My karwas geld’

Vir Rodney Buthelezi was klein droom nog nooit ’n opsie nie.

Vir Rodney Buthelezi was klein droom nog nooit ’n opsie nie.

Met die tekort aan werk het hy met sy voete ’n emmer en baie ambisie sy eie mobiele karwas begin.

Die jongman wat groot geword het in die Steenkoolstad het na hy gematrikuleer het in 2009 gesukkel om werk te kry.

“Ek het aangehou soek vir werk maar het intussen begin om karre te was,” het Rodney gesê.

Hy het elke oggend getrou opgestaan, sy emmer met waslappies en karseep gevat en die dag gaan aanpak per voet.

In 2010 het die maatskapy, Love Life hom benader om karre te begin was vir die besigheid en so het hy toe sy eerste kontrak losgeslaan.

“Ek het nooit gedink dat die mense met groot besighede my sal raaksien nie. Ek is maar ’n man wat rondgeloop het en mense gevra het of ek hul karre kan was,” het Rodney gesê.

Na hy ’n bekende gesig geword het onder die inwoners van eMalahleni het werk begin instroom en meer mense het hom genader om hulle karre te was.

“Ek het oral heen gestap om voertuie op verskillende plekke te gaan was,” het hy trots gesê.

Met al die belangstelling het dit onmoontlik geraak vir hom om by al die plekke uit te kom en hy kry toe vir hom helpers.

“Ek het besef dat my karwas besig was om te verander in ’n besigheid, dit het my gelukkig gemaak dat ek mense die geleentheid tot werk kon gee en ook dat iets wat ek op ’n tyd gedoen het vir my brood en botter in iets so groot verander het,” het hy verder vertel.

Na ses jaar se karre was kan Rodney vandag trots sê dat al sy harde werk afbetaal het terwyl hy met ’n breë glimlag by sy eie voertuig staan en sê, “ek het die kar met my karwas geld gekoop.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button